- 250 g (1 k) sagte botter of margarien
- 440 ml (1¾ k) strooisuiker
- 4 eiers, by kamertemperatuur
- 5 ml (1 t) suurlemoengeursel of 2,5 ml (½ t) gerasperde suurlemoenskil
- 500 ml (2 k) meelblom
- 250 ml (1 k) mielieblom
- 10 ml (2 t) bakpoeier
- 2,5 ml (½ t) sout
- 250 ml (1 k) melk, by kamertemperatuur
1. Voorverhit die oond tot 180 ºC (350 ºF). Smeer 'n diep ronde koekpan of 'n klein broodpannetjie en plaas gesmeerde botter- of bakpapier onderin.
2. Klop botter of margarien met 'n houtlepel of elektriese klitser. Voeg suiker geleidelik by en klop goed tot romerig.
3. Klits eiers en geursel of skil saam en klits dan geleidelik by die bottermengsel in. (As die mengsel te dun word, voeg 'n bietjie van die droë bestanddele daarby.)
4. Sif die droë bestanddele drie keer saam. Meng 'n derde op 'n slag om die beurt met die melk by die eiermengsel in.
5. Skep beslag in voorbereide pan en bak 45 - 60 minute lank. Die koek is twee keer so groot as die madeirakoek en effens soeter, maar nie so ryk nie.
Klik en koop die boek
* TAKEALOT

















