Kaaskoek

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Tertkors

  • 375 ml (1½ k) meelblom
  • 30 ml (2 e) strooisuiker
  • 190 g (¾ k) botter
  • 'n knippie sout

Vulsel

  • 3 eiers
  • 250 ml (1 k) suiker
  • 1 ml (¼ t) sout
  • 2,5 ml (½ t) vanieljegeursel
  • 2,5 ml (½ t) fyngerasperde suurlemoenskil
  • 45 ml (3 e) suurlemoensap
  • 50 ml (1⁄5 k) meelblom
  • 2 bakkies (250 g elk) gladde maaskaas
  • 250 g vars ongegeurde roomkaas
  • 125 ml (½ k) room, liggies geklits

1. Kors: Meng al die tertkorsbestanddele in 'n voedselverwerker (pulserend) totdat die korsdeeg bymekaar begin bly.

2. Druk deeg in 'n egalige dun laag in 'n losboompan. (Dit kan die vorige dag gemaak en in die ys- of vrieskas gebêre word.)

3. Stel 'n waaieroond op 190 °C (375 °F) en konvensionele oond op 210 °C (410 F°).

4. Bak kors sonder vulsel sowat 10 minute. Haal uit oond en laat afkoel. Verminder temperatuur van waaieroond tot 100 °C (210 °F) of van konvensionele oond tot 110 °C (230 °F).

5. Vulsel: Klits eiers en voeg suiker geleidelik by. Dit moet liggeel wees, maar nie dik en stabiel nie.

6. Klits sout, geursel, suurlemoenskil en -sap by en daarna die meelblom.

7. Klits maaskaas en roomkaas saam en klits dan by eiermengsel in.

8. Klits room effens styf en vou in.

9. Giet vulsel in afgekoelde tertkors.

10. Bak 1 uur in waaieroond by 100 °C (210 °F) of in konvensionele oond by 110 °C (230°F). Laat 1 uur in oond afkoel en haal dan uit (dit sal nog heeltemal vloeibaar lyk). Laat verder afkoel.

11. Maak kors met 'n skerp mes van pan-rande los voor dit heeltemal afgekoel het.

12. Hou in yskas tot opdiening. Die boom kan versigtig met 'n skerp, dun mes losgemaak word om op dienbord afgeskuif te word.

Klik en koop die boek

* TAKEALOT

* EXCLUSIVE BOOKS

SPELETJIES VANDAG

CTA