- 250 ml (1 k) meelblom
- 15 ml (1 e) mielieblom
- 1 ml (¼ t) sout
- 10 ml (2 t) bakpoeier
- 190 ml (¾ k) strooisuiker
- 2 groot eiers
- 125 - 190 ml (½ - ¾ k) melk
- 45 ml (3 e) botter of margarien
- 5 ml (1 t) vanieljegeursel
- versiersel na keuse
Wenk
• Die vanieljegeursel kan met amandelgeursel, fyn kaneel, fyn gemengde speserye of vars gerasperde lemoenskil vervang word.
1. Voorverhit die oond tot 200 ºC (400 ºF). Hou 'n oondvaste bak van 22 x 22 cm byderhand.
2. Sif die eerste vyf bestanddele saam.
3. Klits eiers in 'n maatkoppie en vul aan met melk tot 250 ml (1 k).
4. Smelt botter of margarien in die oondvaste bak en kantel sodat boom gesmeer word. Giet die gesmelte botter by die eiermengsel en meng goed.
5. Voeg geursel by en roer by die droë bestanddele in. Meng goed.
6. Skep beslag in die gesmeerde bak en bak onmiddellik 12 - 15 minute lank.
7. Laat die koek in die bak afkoel en versier bo-op soos verkies: 'n Laag appelkooskonfyt met droë klapper bo-oor gestrooi; vrugtemoes met geklitste room bo-op; of enige vulsel geskik vir 'n randkoek. Sny in blokkies en lig met 'n mes uit.
Klik en koop die boek
* TAKEALOT

















