Madeirakoek (botterkoekmetode)

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 125 g (½ k) botter
  • 125 ml (½ k) strooisuiker
  • 5 ml (1 t) gerasperde geel suurlemoenskil
  • 3 eiers, by kamertemperatuur
  • 375 ml (1½ k) meelblom
  • 7,5 ml (1½ t) bakpoeier
  • 1 ml (¼ t) sout
  • 100 - 125 ml (2⁄5 - ½ k)suurlemoensap
  • repies versuikerde skil

1. Voorverhit die oond tot 180 ºC (350 ºF). Smeer 'n diep middelslag-koekpan of klein broodpannetjie en voer dit met gesmeerde papier.

2. Klop botter met 'n houtlepel of elektriese klitser en voeg suiker geleidelik by. Klop tot lig en romerig en voeg die suur-lemoenskil by.

3. Voeg eiers een-een by en klop baie goed ná elke byvoeging. Skraap die rande van die mengbak skoon.

4. Sif meelblom, bakpoeier en sout saam en voeg dit al siftende om die beurt met die suurlemoensap by die geroomde mengsel. Klits tot alles goed gemeng is en 'n fluweelagtige voorkoms het. Moenie roer nie, maar klop. Die beslag sal stywer wees as vir 'n botterkoek.

5. Skep dit in die voorbereide pan en sit 'n paar repies versuikerde skil bo-op. Bak 30 - 40 minute lank. Die koek het 'n digte, fyn tekstuur en 'n ryk, sagte krummel. Die bokors het meestal 'n kenmerkende kraak in.

Klik en koop die boek

* TAKEALOT

* EXCLUSIVE BOOKS

SPELETJIES VANDAG

CTA