Wortelkoek (aangepaste botterkoekmetode)

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 500 ml (2 k) meelblom
  • 20 ml (4 t) bakpoeier
  • 10 ml (2 t) fyn kaneel
  • 5 ml (1 t) fyn gemengde speserye
  • 5 ml (1 t) sout
  • 125 ml (½ k) sagte botter
  • 125 ml (½ k) olie
  • 375 ml (1½ k) strooisuiker
  • 30 ml (2 e) water
  • 4 eiers, geklits
  • 5 ml (1 t) vanieljegeursel en/of 2,5 ml (½ t) gerasperde geel lemoenskil
  • 250 ml (1 k) okkerneute of pekanneute, gekap
  • 500 ml (2 k) gerasperde wortels
  • Karamel-glansversiersel* of 250 g roomkaas gemeng met 500 ml (2 k) versiersuiker
  • okkerneute of pekanneute

1. Voorverhit die oond tot 180 ºC (350 ºF). Smeer 'n groot ringpan of twee middelslag-koekpanne en voer dit met bakpapier uit.

2. Sif eerste vyf bestanddele saam.

3. Klits botter, olie, strooisuiker en water saam tot lig en romerig.

4. Klits die eiers by die bottermengsel in. Voeg die geursel en/of skil by en meng goed.

5. Vou die droë bestanddele daarby in.

6. Roer neute en wortels liggies in.

7. Skep in voorbereide pan(ne) en bak 45 minute lank. Keer uit en laat afkoel.

8. Giet karamel-glansversiersel of roomkaasversiersel oor en versier met okkerneute of pekanneute.

Klik en koop die boek

* TAKEALOT

* EXCLUSIVE BOOKS

SPELETJIES VANDAG

CTA