Wyn-yskaskoek

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 125 - 250 ml (½ - 1 k) botter
  • 500 ml (2 k) versiersuiker
  • 2 - 3 eiers, geklits
  • 2 pakkies Marie- of Tennisbeskuitjies
  • sowat 125 ml (½ k) soetwyn
  • geklopte room en glanskersies

1. Smeer 'n koekvorm met botter.

2. Klop botter en versiersuiker tot lig. Voeg geklitste eiers by en meng alles goed.

3. Doop beskuitjies een-een aan albei kante in die wyn, maar moet hulle nie daarin week nie.

4. Pak 'n laag beskuitjies in voorbereide vorm. Vul openinge ook met stukkies beskuitjies.

5. Skep 'n laag van die vulsel bo-oor en herhaal tot alles opgebruik is.

6. Laat in yskas styf word.

7. Versier die koek met geklopte room en kersies.

Klik en koop die boek

* TAKEALOT

* EXCLUSIVE BOOKS

SPELETJIES VANDAG

CTA