Appelkoek

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 200 ml (4⁄5 k) sagte botter of margarien
  • 250 ml (1 k) strooisuiker
  • 2,5 ml (½ t) sout
  • 5 ml (1 t) vanieljegeursel
  • 3 eiers by kamertemperatuur, geklits
  • 500 ml (2 k) bruismeel, gesif
  • 200 ml (4⁄5 k) melk
  • 1 blik (385 - 410 g) appelskywe of dieselfde hoeveelheid gekookte appels
  • fyn kaneel
  • kaneelsuiker: 30 ml (2 e) suiker en 2,5 ml (½ t) fyn kaneel

Sous

  • 250 ml (1 k) melk
  • 250 ml (1 k) suiker
  • 125 ml (½ k) botter

1. Voorverhit die oond tot 190 ºC (375 ºF).

2. Klits botter of margarien en suiker tot romerig. Voeg sout en geursel daarby.

3. Meng die eiers geleidelik by.

4. Voeg bruismeel en melk om die beurt by suikermengsel en klop tot goed gemeng.

5. Skep die helfte van die beslag in 'n gesmeerde oondbak. Pak die helfte van die appelskywe bo-op en strooi kaneel oor.

6. Skep die res van die beslag oor, pak die res van die appels daarop en bestrooi met kaneelsuiker.

7. Bak 25 minute lank en verminder die temperatuur ná die eerste 10 minute tot 180 ºC (350 ºF).

8. Sous: Bring die sousbestanddele op kookpunt en prut 10 minute lank saam. Prik die koek met 'n vurk sodra dit uit die oond kom en giet die warm sous bo-oor. Plaas vir nog 5 minute lank terug in oond.

9. Sit warm voor met room by tee of as nagereg.

Klik en koop die boek

* TAKEALOT

* EXCLUSIVE BOOKS

SPELETJIES VANDAG

CTA