Appelliefietert

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 1 Krummeltertkors*, enige opsie
  • 2 blikke (410 g elk) appelliefies, gedreineer (behou stroop)
  • water
  • 45 ml (3 e) vlapoeier
  • 45 ml (3 e) suiker
  • 10 ml (2 t) gelatien, geweek in 30 ml (2 e) koue water
  • 1 blik (410 g) ingedampte melk, goed verkoel
  • 250 ml (1 k) room, geklits

1. Dreineer die appelliefies en vul die stroop tot 500 ml (2 k) met water aan.

2. Meng vlapoeier en suiker en maak met 'n bietjie van die water-en-stroop-mengsel tot 'n pasta aan.

3. Kook orige vloeistof en roer die vlapasta daarby in. Roerkook oor lae hitte tot gaar en deurskynend. Haal van die stoof af.

4. Voeg die geweekte gelatien daarby en roer tot opgelos. Laat afkoel.

5. Klits die ingedampte melk styf en vou by die vlamengsel in.

6. Hou 'n paar appelliefies vir versiering uit en voeg die res van die vrugte by die vlamengsel.

7. Skep vulsel in 'n tertkors en laat stol. Versier met geklitste room en appelliefies.

Klik en koop die boek

* TAKEALOT

* EXCLUSIVE BOOKS

SPELETJIES VANDAG

CTA