- 1 x gebakte kors van Broskorsdeeg*, enige opsie
- 5 middelslag-appels
- 125 ml (½ k) suiker
- 6 heel naeltjies
- 30 ml (2 e) botter
- 30 ml (2 e) pitlose rosyne
- 125 ml (½ k) gekapte okkerneute
- 30 ml (2 e) brandewyn
- 3 eiers, geskei
1. Voorverhit die oond tot 180 ºC (350 ºF).
2. Skil, ontkern en sny appels in skyfies. Stowe met suiker en naeltjies tot sag. Voeg botter by en verwyder naeltjies.
3. Voeg rosyne en neute by en laat effens afkoel. Roer brandewyn by.
4. Klits eierwitte styf en daarna die eiergele sonder om die klitser te was. Voeg eiergele by appelmengsel en vou dan eierwitte in.
5. Skep mengsel in gebakte tertkors en bak 35 - 40 minute.
Klik en koop die boek
* TAKEALOT
















