- 1 gebakte kors van Broskorsdeeg sonder vloeistof*
- 250 g ontpitte dadels
- 'n knippie sout
- 1 ml (¼ t) fyn neutmuskaat
- 500 ml (2 k) melk
- 2 eiers
1. Voorverhit die oond tot 200 ºC (400 ºF).
2. Kook dadels, sout en neutmuskaat sowat 10 minute lank in die melk tot sag.
3. Vryf dit met 'n houtlepel deur 'n draadsif. Laat afkoel.
4. Klits eiers goed en roer by.
5. Giet die dadelmengsel in die tertkors. Bak 10 minute lank, verminder die temperatuur tot 180 ºC (350 ºF) en bak nog 25 - 30 minute.
Klik en koop die boek
* TAKEALOT
















