- 1 gebakte kors van Broskorsdeeg sonder vloeistof*
- 250 ml (1 k) kookwater
- 250 ml (1 k) gouestroop
- 2,5 ml (½ t) fyn gemmer
- 30 ml (2 e) gemmerkonfyt, gekap
- 30 ml (2 e) mielieblom
- 30 ml (2 e) vlapoeier
- 30 ml (2 e) koue water
- 3 eiers by kamertemperatuur, geskei
- 125 ml (½ k) room
- 125 ml (½ k) geklitste room
- sjokoladevermicelli (opsioneel)
- gekapte gemmerkonfyt (opsioneel)
1. Meng kookwater, stroop en fyn gemmer en kook saam. Voeg gemmerkonfyt by.
2. Meng mielieblom en vlapoeier met die koue water en roer by warm mengsel in. Kook 3 minute lank.
3. Klits eiergele en room goed en roer by totdat die mengsel amper kook. Laat afkoel tot louwarm. Klits die eierwitte styf en vou in derdes in.
4. Skep vulsel in die tertkors en laat daarin afkoel.
5. Versier bo-op met geklitste room en, indien verkies, bestrooi met sjokoladevermicelli en gekapte gemmerkonfyt.
Wenke
• Die vulsel kan ook in 'n krummeltertkors van gemmerkoekies, 'n Randkoek* (flan) of Meringue-kors* gebruik word.
• Vir 'n groenvyetert, vervang die gemmerkonfyt met 250 ml (1 k) grofgekapte groenvyekonfyt. Laat die fyn gemmer weg. Versier met skyfies groenvyekonfyt.
Klik en koop die boek
* TAKEALOT

















