Kors
- 500 - 625 ml (2 - 2½ k) growwe beskuitkrummels
- 60 ml (4 e) suiker
- 90 ml (6 e) gesmelte botter of margarien
Vulsel
- 30 ml (2 e) gelatien, geweek in 60 ml (4 e) koue water
- 250 ml (1 k) kookwater
- 100 ml (2⁄5 k) laevetmelkpoeier
- 2 eiers, geskei
- 350 ml (12⁄5 k) suiker
- 1 blikkie (170 ml) bevrore lemoensapkonsentraat
- 1 bakkie (250 g) gladde maaskaas
- 250 ml (1 k) room, geklits
1. Kors: Meng al die korsbestanddele saam en druk die helfte van die mengsel op die boom van 'n los-boomkoekpan vas.
2. Vulsel: Los geweekte gelatien in 125 ml (½ k) van die kookwater op.
3. Maak die melkpoeier aan met die orige water, wat net louwarm moet wees.
4. Klop eiergele, suiker en aangemaakte melk saam in die boonste deel van 'n dubbelkastrol. Roer oor kookwater tot die mengsel so dik soos vla word.
5. Voeg bevrore lemoensap daarby en roer tot dit gesmelt het. Haal van stoof af.
6. Laat lemoenmengsel effens afkoel en roer eers die gelatien en dan die maas-kaas daarby in.
7. Klits eierwitte styf en vou in.
8. Vou geklitste room in en skep mengsel op krummellaag.
9. Strooi orige krummelmengsel bo-oor en laat 2 - 3 uur in die yskas staan.
10. Sny tert met 'n skerp mes om die kante van die pan los en lig die rand van die pan op.
Klik en koop die boek
* TAKEALOT
















