KYK + KOOK | Pampoentert (Pumpkin pie)

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 1 gebakte kors van Broskorsdeeg sonder vloeistof*
  • 500 ml (2 k) koue gaar boerpampoen, deur 'n sif gedruk of verpulp
  • 250 ml (1 k) suiker
  • 5 eiers, geklits
  • 5 ml (1 t) fyn kaneel
  • 1 ml (¼ t) fyn neutmuskaat
  • 1 ml (¼ t) fyn naeltjies
  • 2,5 ml (½ t) sout
  • 125 ml (½ k) melk of room
  • fyn kaneel om oor te strooi
  • room

1. Voorverhit die oond tot 200 ºC (400 ºF).

2. Meng al die bestanddele baie goed saam. Dit vorm 'n baie slap mengsel.

3. Giet dit in die afgekoelde tertkors en strooi kaneel bo-oor. Plaas in die oond en verminder die temperatuur tot 160 ºC (325 ºF).

4. Bak tert 1 uur lank. Toets vir gaarheid deur 'n mes in die middel van die vulsel in te steek - as dit skoon uitkom, is die vulsel gaar.

5. Laat afkoel en sit koud met geklitste room voor.

Klik en koop die boek

* TAKEALOT

* EXCLUSIVE BOOKS

SPELETJIES VANDAG

CTA