Rosyntjietert

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 1 gebakte kors van Broskorsdeeg sonder vloeistof*
  • 2 eiers
  • 250 ml (1 k) suiker
  • 15 ml (1 e) kookwater
  • 250 ml (1 k) suurroom
  • gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 15 ml (1 e) meelblom
  • 15 ml (1 e) gemengde versuikerde skil
  • 2,5 ml (½ t) fyn neutmuskaat
  • 250 ml (1 k) pitlose rosyne
  • 125 ml (½ k) neute, gekap
  • 2,5 ml (½ t) sout

1. Voorverhit die oond tot 180 ºC (350 ºF).

2. Klits die eiers en suiker saam tot lig. Voeg kookwater daarby.

3. Voeg al die ander bestanddele by en meng goed.

4. Skep die vulsel in die tertkors en bak sowat 45 minute.

Wenk

• Indien verkies, week die rosyntjies vooraf sowat 2 uur lank in 30 ml (2 e) brandewyn.

Klik en koop die boek

* TAKEALOT

* EXCLUSIVE BOOKS

SPELETJIES VANDAG

CTA