KUNS:
Art on Target-kunsskool, Targetkloof 2, Essexvale, Gqeberha:
Visions and Voice s,'n groepuitstalling deur die drie Oos-Kaapse kunstenaars Monde Goniwe, Siyabonga Phillip Mboniswa en Christo Booth kan tot Sondag hier besigtig word.
Die galery kan in die week van 09:00 tot 16:00 en op 'n Saterdag van 09:00 tot 13:00 besoek word.
Skakel 041 373 3334 of 083 728 5295 of stuur e-pos na info@artontarget.co.za vir inligting.
Ann Bryant-kunsgalery, St. Marksweg 9, Belgravia, Oos-Londen:
Echo of Affirmation , 'n groepuitstalling kan nog tot môre besigtig word.
Die galery se jaarlikse groepuitstalling deur verskeie Oos-Kaapse kunstenaars duur tot 9 Desember.
Skakel 043 722 4044 of 083 501 3392 vir inligting.
Nelson Mandela Metropolitaanse Kunsmuseum, Parklaan 1, Sentraal, Gqeberha:
Behind the Scenes is 'n insiggewende uitstalling oor wat agter die skerms by die museum gebeur. Dié uitstalling kan tot 25 Januarie besigtig word.
Die uitstalling Who's Who & What's New kan van môre besigtig word.
Besoek die museum op weekdae tussen 09:00 en 16:00 en op Saterdae tussen 09:00 en 12:45. Skakel 041 506 2000 of 079 490 0690 vir meer inligting. Besoek die webblad by www.artmuseum.co.za.
MUSIEK:
St. Augustine-katedraal, John Kaniweg, Sentraal, Gqeberha:
Carols by Candlelight word op 6 Desember om 18:00 aangebied. Motorwagte sal daar wees om 'n ogie oor die voertuie te hou.
Stuur kunsnuus per e-pos na Willemien.Green@dieburger. com.















