KUNS:
Art on Target-kunsskool, Targetkloof 2, Essexvale, Gqeberha:
Visions and Voice s,'n groepuitstalling deur drie Oos-Kaapse kunstenaars Monde Goniwe, Siyabonga Phillip Mboniswa en Christo Booth duur tot 30 November.
'n Rondleiding van die uitstalling word op 23 November om 11:00 aangebied.
Die galery kan in die week van 09:00 tot 16:00 en op 'n Saterdag van 09:00 tot 13:00 besoek word.
Skakel 041 373 3334 of 083 728 5295 of stuur e-pos na info@artontarget.co.za vir inligting.

Ann Bryant-kunsgalery, St. Marksweg 9, Belgravia, Oos-Londen:
Four Views of the Eastern Cape, 'n groepuitstalling met Peter Midlane, Dorothy du Plessis, Sandra Thomas en Tori Stowe duur tot Maandag 25 November.
Echo of Affirmation , 'n groepuitstalling duur tot 30 November.
Die galery se jaarlikse groepuitstalling deur verskeie Oos-Kaapse kunstenaars open 28 November om 18:30 en duur tot 9 Desember.
Skakel 043 722 4044 of 083 501 3392 vir inligting.
GFI-kunsgalery, Parklaan, Sentraal, Gqeberha:
Lenteskool 2024. Die tema vanjaar is Endangered Wonders: Sculpting for Conservation en die uitstalling kan tot 23 November besigtig word.
From the Woods to the Soil deur Jonathan van der Walt duur tot 27 November.
Die kunsgalery kan op weekdae van 10:00 tot 16:00 en Saterdae van 10:00 tot 13:00 besoek word.
Skakel 041 586 3973.
Jeff & Judy Rankin, Kaap St. Francis:
'n Kreatiewe slypskool word vir twee dae op dié kusdorp aangebied.
Soul Collage vind vandag van 09:30 tot 15:30 plaas.
Linocut vind môre van 09:30 tot 15:30 plaas.
Dit kos R750 per persoon om 'n enkele dag by te woon en R1 300 vir albei dae. Bel Jeff by 082 202 4917 om plek te bespreek.
Nelson Mandela Metropolitaanse Kunsmuseum, Parklaan 1, Sentraal, Gqeberha:
Behind the Scenes is 'n insiggewende uitstalling oor wat agter die skerms by die museum gebeur. Dié uitstalling kan tot 25 Januarie besigtig word.
Die uitstalling Who's Who & What's New open op 30 November om 18:00.
Besoek die museum op weekdae tussen 09:00 en 16:00 en op Saterdae tussen 09:00 en 12:45. Skakel 041 506 2000 of 079 490 0690 vir meer inligting. Besoek die webblad by www.artmuseum.co.za.
MUSIEK:
The Music Kitchen, Mangoldstraat 69, Newtonpark, Gqeberha:
Franky & The Misfits, 'n bekende swing- en jazz-groep, bied môre om 20:00 hul laaste konsert van die jaar aan. Die kaartjies kos R300 per persoon en kan aanlyn deur Quicket gekoop word.
Nederduitse Gereformeerde kerk P.E. Hoogland, Isobellaan 1, Broadwood, Gqeberha:
Gedurende die Leef jou lied-kamerkonsert tree 'n massakoor onder die bekwame leiding van Leonard Heydenrych môre om 17:00 op. Die kaartjies kos R80 per persoon en kan aanlyn op Quicket gekoop word.
Boardwalk-sentrum, Sun Park, Gqeberha:
Soul Sunday, met Clint L en die DJ's Bena B, Apo én Sham de Funk word Sondag 24 November om 15:00 aangebied. Die kaartjies kos R100 per persoon en kan aanlyn op Webtickets gekoop word. Die konsert word vir persone 18 jaar en ouer aangebied.
BOEKE:
Union Olimpics-sportklub, Parkweg, St. George's Park, Gqeberha:
Stryd van die reuse, 'n boekvoorlesing en -bekendstelling deur die sportjoernalis Michael Green word op 27 November om 17:30 aangebied. Bel André Gerber by 073 636 4763 of 082 0964 8012 vir inligting.
Stuur kunsnuus per e-pos na Willemien.Green@dieburger.com.














