Oos-Kaapse kunsdagboek

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Jarret McCourt, medeprofessor aan die Universiteit van Missouri, is die kunstenaar en aanbieder van die NMU se Koperblaas-kongres.
Jarret McCourt, medeprofessor aan die Universiteit van Missouri, is die kunstenaar en aanbieder van die NMU se Koperblaas-kongres.

KUNS

  • Ann Bryant-kunsgalery, St. Marks­weg 9, Belgravia, Oos-Londen:
  • Die Oos-Londense Skone Kunste-vereniging nooi kunstenaars uit om werk voor 8 Mei om 15:00 vir die jaarlikse uitstalling, Anything but Painting, in te dien. Enigiets van hout-, krale- of leerwerk tot beeldhou en naaldwerk kan ingeskryf word, solank verf nie die dominante medium is nie. Die uitstalling open Vrydag, 24 Mei om 18:00 vir 18:30. Besoek https://forms.wix.com/r/7039878305461305430 vir die inskrywingsvorms en meer inligting.
  • Plaaslike kunstenaars word genooi om aan 'n uitstalling, My Beautiful Natural World, deel te neem tydens die Umtiza-kunstefees, wat van 24 Mei tot 10 Junie aangebied word. Omgewingsbewaring is die tema van die uitstalling. Besoek https://forms.wix.com/ vir meer inligting.
  • Artec, Nelson Mandela Metro­politaanse Kunsmuseum, Park­laan 1, Sentraal, Gqeberha:
  • Oos-Kaapse kunstenaars word genooi­ om aan die uitstalling Land­scapes, Landmarks: Make Your Mark deel te neem. Inskrywings kan van 1 tot 31 Mei van 09:00 tot 13:30 by die Nelson Mandela Metropolitaanse Kunsmuseum ingedien word. Die uitstalling sal van Junie tot Augustus in die kunsmuseum aangebied word. Stuur 'n WhatsApp aan Louise­ Luders by 073 761 9418 vir nog inligting.
  • CVD Framers and Art Gallery, Jarvisweg 12, Berea, Oos-Londen:
  • GFI-kunsgalery, Parklaan, Sentraal­, Gqeberha:
  • This is Me, 'n solo-uitstalling deur die Oos-Kaapse kunstenaar An­thony Keogh, kan in die galery besigtig word. Op Saterdag 27 April om 11:00 tot 12:00 sal dié kunstenaar 'n begeleide uitstappie in die galery aanbied waar hy sy werke sal bespreek. Bel die GFI-kunsgalery by 041 586 3973 of stuur 'n e-pos aan manager@gfiartgallery.com vir meer inligting. Die gale­ry kan op weekdae van 10:00 tot 16:00 en Saterdae van 10:00 tot 13:00 besoek word.
  • Nelson Mandela Metropolitaanse Kunsmuseum, Park­laan 1, Sentraal, Gqeberha:
  • Die uitstallings Friends Highlights, In the Eye of the Beholder en Master Bead­work kan besigtig word. Opvoedkundige toere van die uitstallings word vir skole aangebied. Toegang is gratis en die toere word van 12:00 gedurende die skoolkwartale aangebied. Bespreek vooraf deur die Kunsmu­seum by041 506 2000, 079 490 0690 of 071 640 3442 te skakel. Vir nog inlig­ting, stuur 'n e-pos aan artmuseum@mandelametro.gov.­za.
  • Nelson Mandela-Universiteit, Birdstraat-kunsgalery, Sentraal, Gqeberha:
  • 'n Solo-uitstalling deur Malebogo Molokoane, wenner van die Absa L' Atelier 2022 Gerard Sekoto-prys, kan tot 31 Mei besigtig word. Môre van 10:00 tot 11:00 bied sy 'n be­geleide uitstappie aan waar kunsliefhebbers na haar kan luister wanneer sy haar kunswerke sal bespreek.

VERMAAK

Musiek:

  • Nelson Mandela-Universiteit, Suidkampus Ouditorium, Somerstrand, Gqeberha:
  • Die Nelson Mandela-Universiteit se Koperblaas-kongres word môre, 27 April, om 18:00 afgesluit met 'n musiekkonsert wat in die oudito­rium aangebied word. Die kaartjies kan aanlyn deur Quicket of by die deur gekoop word en kos R80 vir volwassenes en R50 vir pensioenarisse en studente.
  • Stuur kunsnuus aan Willemien.Green@dieburger.com.

https://youtu.be/BxXS42DjJ24https:/www.instagram.com/p/COBghdnjFcD/https:/youtu.be/OiffoxjFB-Yhttps:/youtu.be/VmZT1YzPExshttps:/youtu.be/JwrWYGeuUGM

SPELETJIES VANDAG

CTA