Oos-Kaapse kunsdagboek

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

KUNS

Ann Bryant-kunsgalery, St. Marks­weg 9, Belgravia, Oos-Londen: Die Oos-Londense Vereniging vir die Skone Kunste se jaarlikse groepuitstalling Anything but Painting open op Vrydag 24 Mei om 18:00 vir 18:30. Enigiets van hout-, krale- of leerwerk tot beeldhou en naaldwerk word uitgestal.

Plaaslike kunstenaars word genooi om aan 'n uitstalling, My Beautiful Natural World, deel te neem gedurende die Umtiza-kunstefees, wat van 24 Mei tot 10 Junie aangebied word. Omgewingsbewaring is die tema van die uitstalling.https://forms.wix.com/r/7036690475503321093

Besoek forms.wix.com vir nog inligting.

Verskeie kunswerksessies word in Mei as deel van die Umtiza-kunstefees aangebied. Bel Bernadette Taylor by 076 670 2462 of die Ann Bryant-kunsgalery by 083 501 3392 om plek te bespreek.

Art on Target-kunsskool, Targetkloof 2, Essexvale, Gqeberha: Die Curator's Choice-uitstalling kan nog tot 22 Mei besigtig word. Die uitstal­ling is 'n uitvloeisel van die uitstal­ling getiteld Same Size,Same Price­, No Signature.Die galery is weekliks op Maandae tot Vrydae van 09:00 tot 16:00 oop en op Saterdae van 09:00 tot 13:00. Bel Moolman by 083 728 5295 vir meer inligting.

Artec, Nelson Mandela Metro­politaanse Kunsmuseum, Park-­laan 1, Sentraal, Gqeberha:

Oos-Kaapse kunstenaars word genooi­ om aan die uitstalling Land­scapes, Landmarks: Make Your Mark deel te neem. Inskrywings kan nog tot 31 Mei van 09:00 tot 13:30 by die Nelson Mandela Metropolitaanse Kunsmuseum ingedien word. Die uitstalling sal van Junie tot Augustus in die kunsmuseum aangebied word. Stuur 'n WhatsApp aan Louise­ Luders by 073 761 9418 vir nog inligting.

CVD Framers and Art Gallery, Jarvisweg 12, Berea, Oos-Londen: Art by Women, for Women & About Women kan by die galery besigtig word. Die galery kan van Maandag tot Vrydag van 08:30 tot 17:00 en op 'n Saterdag van 09:30 tot 13:00 be­soek­ word. Skakel 043 726 1449 of stuur e-pos aan cvdframers@gmail. com vir nog inligting.

Release the Dogs of War 2, 'n skildery deur Anthony Keogh wat in die GFI-kunsgalery besigtig kan word.
Release the Dogs of War 2, 'n skildery deur Anthony Keogh wat in die GFI-kunsgalery besigtig kan word.

GFI-kunsgalery, Parklaan, Sen­traal­, Gqeberha: This is Me, 'n solo-uitstalling deur die Oos-Kaapse kunstenaar An­thony Keogh, kan nog tot 5 Junie in die GFI-kuns­galery in die Baai besigtig word. Die galery kan op weekdae van 10:00 tot 16:00 en op Saterdae van 10:00 tot 13:00 besoek word. Skakel die ­galery by 041 586 3973 of stuur 'n e-pos aan manager@gfiartgallery. com vir nog inligting.

Nelson Mandela Metropolitaan-se Kunsmuseum, Park­laan 1, Sentraal, Gqeberha: Die uitstallings Friends Highlights, In the Eye of the Beholder en Master Bead­work kan besigtig word. Opvoedkundige toere van die uitstallings word vir skole aangebied. Toegang is gratis en die toere word van 12:00 gedurende die skoolkwartale aangebied. Bespreek vooraf deur die Kuns­mu­seum te bel by041 506 2000, 079 490 0690 of 071 640 3442.Vir nog inlig­ting, stuur e-pos aan artmuseum@mandelametro.gov.­za.

Nelson Mandela-Universiteit, Birdstraat-kunsgalery, Sentraal, Gqeberha: 'n Solo-uitstalling deur Malebogo Molokoane, wenner van die Absa L' Atelier 2022 Gerard Sekoto-prys, kan tot 31 Mei besigtig word. Môre van 10:00 tot 11:00 bied sy 'n be­geleide uitstappie aan waar kunsliefhebbers na haar kan luister wanneer sy haar kunswerke sal bespreek.

Stuur kunsnuus per e-pos aan Willemien.Green@dieburger.com.

SPELETJIES VANDAG

CTA