• Ann Bryant-kunsgalery, St.Marksweg 9, Belgravia, Oos-Londen:
Die Oos-Londense Vereniging vir die Skone Kunste se jaarlikse groepuitstalling, Anything but Painting, open vandag om 18:00 vir 18:30. Enigiets van hout-, krale- of leerwerk tot beeldhoukuns en naaldwerk word uitgestal.
• Die uitstalling My Beautiful Natural World kan ook gedurende die Umtiza-kunstefees besigtig word wat vanaf vandag tot 8Junie aangebied word. Skakel die Ann Bryant-kunsgalery by 0835013392 vir inligting.Artec, Nelson Mandela Metropolitaanse Kunsmuseum, Park- laan1, Sentraal, Gqeberha:
• Oos-Kaapse kunstenaars word genooi om aan die uitstalling Landscapes, Landmarks: Make Your Mark deel te neem. Inskrywings kan nog tot 31Mei van 09:00 tot 13:30 by die Nelson Mandela Metropolitaanse Kunsmuseum ingelewer word. Die uitstalling sal van Junie tot Augustus in die kunsmuseum aangebied word. Stuur 'n WhatsApp aan Louise Luders by 0737619418 vir nog inligting.
• CVD Framers and Art Gallery, Jarvisweg 12, Berea, Oos-Londen:
Art by Women, For Women & About Women kan by die galery besigtig word. Die galery kan van Maandag tot Vrydag van 08:30 tot 17:00 en op 'n Saterdag van 09:30 tot 13:00 besoek word. Skakel 0437261449 of stuur e-pos aan cvdfrmers@ gmail.com vir nog inligting.
• GFI-kunsgalery, Parklaan, Sentraal, Gqeberha:
This is Me, 'n solo-uitstalling deur die Oos-Kaapse kunstenaar Anthony Keogh, kan nog tot 5Junie in die GFI-kunsgalery in die Baai besigtig word. 'n Rondleiding van die uitstalling word op Saterdag 1Junie van 11:00 tot 12:00 deur Keogh by die galery aangebied. Hy sal ook belangstellendes met kitaarspel vermaak. Die galery kan op weekdae van 10:00 tot 16:00 en op Saterdae van 10:00 tot 13:00 besoek word. Skakel die galery by 0415863973 of stuur e-pos aan manager@gfiartgallery.com vir meer inligting.
• Nelson Mandela Metropolitaanse Kunsmuseum, Parklaan 1, Sentraal, Gqeberha:
Die uitstallings In the Eye of the Beholder en Master Beadwork kan besigtig word. Opvoedkundige toere van die uitstallings word vir skole aangebied. Toegang is gratis en die toere word van 12:00 gedurende die skoolkwartale aangebied. Bespreek vooraf deur die kunsmuseum te bel by 0415062000, 0794900690 of 0716403442. Vir meer inligting, stuur e-pos aan artmuseum@mandelametro.gov.za.
• Nelson Mandela-Universiteit, Birdstraat-kunsgalery, Sentraal, Gqeberha:
'n Solo-uitstalling deur Malebogo Molokoane, wenner van die Absa L'Atelier 2022 Gerard Sekoto-prys, kan tot 31 Mei besigtig word. Skakel 0415041111 of stuur e-pos aan info@mandela.ac.za vir meer inligting.Starways-kunssentrum, Booysensingel, Hogsback: Pottebakkersklasse vir kinders word op Saterdag 1 Junie van 10:30 tot 12:30 deur Claudi Kriel aangebied. Die jongspan sal diere uit klei maak. Stuur e-pos aan Kriel by claudikriel@hotmail.com vir meer inligting.
Stuur kunsnuus per e-pos aan Willemien.Green@dieburger.com.















