Ann Bryant-kunsgalery, St. Marksweg 9, Belgravia, Oos-Londen:
Die Oos-Londense Vereniging vir die Skone Kunste se jaarlikse groepuitstalling Anything but Painting kan by die galery besigtig word. Enigiets van hout-, krale- en leerwerk tot beeldhou en naaldwerk word uitgestal.
Die uitstalling My Beautiful Natural World kan gedurende die Umtizakunstefees besigtig word wat tot môre aangebied word.
Skakel die Ann Bryant-kunsgalery by 0835013392 vir inligting.
Artec, Nelson Mandela Metropolitaanse Kunsmuseum, Parklaan1, Sentraal, Gqeberha:
Die uitstalling Landscapes, Landmarks: Make Your Mark duur van 17Junie tot 31 Augustus by die kunsmuseum. Stuur 'n WhatsApp aan Louise Luders by 0737619418 vir nog inligting.
GFI-kunsgalery, Parklaan, Sentraal, Gqeberha:
A Semigrant Mirrir, 'n solo-uitstalling deur die Oos-Kaapse kunstenaar Jeff Rankin, kan van 13 Junie af by die galery besigtig word. Die galery kan op weekdae van 10:00 tot 16:00 en op Saterdae van 10:00 tot 13:00 besoek word. Skakel die galery by 0415863973 of stuur e-pos aan manager@gfiartgallery.com vir nog inligting.
Nelson Mandela Metropolitaanse Kunsmuseum, Parklaan 1, Sentraal, Gqeberha:
Die uitstalling In the Eye of the Beholder kan besigtig word. Opvoedkundige toere van die uitstalling word vir skole aangebied. Toegang is gratis en die toere word van 12:00 gedurende die skoolkwartale aangebied. Bespreek vooraf deur die Kunsmuseum te bel by 0415062000, 0794900690 of 0716403442. Vir nog inligting, stuur e-pos aan artmuseum@mandelametro.gov.za.
Newton Hall, Goedehoopstraat 17, Jeffreysbaai:
A Happening is 'n groepuitstalling waaraan verskeie talentvolle plaaslike kunstenaars deelneem. Die opening is op Dinsdag 25 Junie om 16:00 en sal tot 19:00 duur. Die uitstalling kan daarna van 26 Junie tot 28 Junie van 11:00 tot 16:00 en op 29 Junie van 11:00 tot 15:00 besigtig word. Skakel 082 698 9612 of stuur e-pos aan a.happening.kouga@gmail.com vir meer inligting.
TEATER:
Laerskool Newtonpark in Willetstraat in Newton Park, Gqeberha:
Wild & Wicked West End, 'n musiekblyspel, word tot 9 Junie aangebied. Die kaartjies kos R100 en R120 per persoon en kan aanlyn by Webtickets en by Pick n Pay gekoop word. Die vertoning het 'n ouderdomsperk van 13. Parkeerplek sal rondom die skoolperseel beskikbaar wees vir besoekers. Daar sal ook 'n kiosk en koffiekroeg wees waar eet- en drinkgoed sal te koop aangebied word. Geen alkohol mag verkoop word nie, maar volwassenes is welkom om hulle eie drankies saam te neem. Vir meer inligting, volg PEMADS op Facebook by @pemadspe. Bel Bennie Gerber by 0813945965 vir meer inligting.
Stuur kunsnuus per e-pos aan Willemien.Green@dieburger.com.




















