KUNS:
• Ann Bryant-kunsgalery, St. Marksweg 9, Belgravia, Oos-Londen: Die Oos-Londen Skone Kunste-vereniging se jaarlikse uitstalling kan by die galery besigtig word.
Skakel 043 722 4044 of 083 501 3392 vir inligting.
• GFI-kunsgalery, Parklaan, Sentraal, Gqeberha: Creative Block duur tot 28 Januarie 2025. Die Oos-Kaap se Streekskeramiek-kunsuitstalling duur tot 21 Januarie 2025. Die kunsgalery kan op weekdae van 10:00 tot 16:00 en Saterdae van 10:00 tot 13:00 besoek word. Skakel 041 586 3973.
• Palette-kunsgalery en -ateljee, Jakarandastraat 14, Jeffreysbaai: Tydens 'n opwipuitstalling, On the West Side,kan die insiggewende werk van die kunstenaar Maryna Joubert besigtig word. Die uitstalling duur tot 24 Januarie 2025. Die galery sal op openbare vakansiedae gesluit wees. Bel Maryna Joubert by 083 381 6595 of stuur e-pos aan ryns1955@gmail.com vir meer inligting oor haar werk.
• Nelson Mandela Metropolitaanse Kunsmuseum, Parklaan 1, Sentraal, Gqeberha: Behind the Scenes is 'n insiggewende uitstalling oor wat agter die skerms by die museum gebeur. Dié uitstalling kan tot 25 Januarie besigtig word. Die uitstalling Who's Who & What's New kan tot 22 Februarie besigtig word. Besoek die museum op weekdae tussen 09:00 en 16:00 en op Saterdae tussen 09:00 en 12:45. Skakel 041 506 2000 of 079 490 0690 vir meer inligting. Besoek die webblad by www.artmuseum.co.za.
MUSIEK:
• Centrestage@Baywest, Baywest-inkopiesentrum, Hunters Retreat, Gqeberha: Garth Taylor se Gqeberha-musiektoer word op 28 Desember om 19:30 aangebied. Die kaartjies kos R250 per persoon en kan aanlyn op Quicket gekoop word.
TONEEL:
• Centrestage@Baywest, Baywest-inkopiesentrum, Hunters Retreat, Gqeberha: Cinderella and the Ice Queen's Enchantment word tot 22 Desember aangebied. Kaartjies vir die vertoning is beskikbaar op Quicket.
Stuur kunsnuus per e-pos aan Willemien.Green@dieburger.com.















