Van kranige kunsstudent tot kunsdosent- en onderwyseres, voltydse kunstenaar tot kunsterapeut is hoe die Oos-Kaapse kunstenaar Sarah Walmsley se loopbaan in 'n neutedop beskryf kan word.
Dié kunstenaar het sommer spoedig ná die voltooiing van haar studie, bekendheid in die kunswêreld verwerf.
Maar nét dit was nie vir haar genoeg nie, sy wou met haar passie vir kuns ook ander mense help om hul geestelike gesondheid te verbeter.
Walmsley het ná haar studie 'n pos as dosent by die kunsdepartement van die Nelson Mandela-Universiteit aanvaar.
"Daarna het ek kuns by die Collegiate Girls' High School aangebied en verlede jaar het ek besluit dit is tyd om my eie besigheid te begin, en so het Art with Heart by Werk 1.0-ateljee in Baakensvallei in Gqeberha tot stand gekom," sê sy.
Daar word deesdae uiteenlopende aktiwiteite soos kunsterapie, kunsklasse, slypskole, spanbou en ander kunsgeleenthede aangebied.

Ons unieke kombinasie van kuns en terapie bied 'n ondersteunende en veilige spasie waar mense hulself kan uitdruk, groei en selfbewustheid ontwikkel.
"Deur middel van kunsterapie word mense gehelp om deur kreatief te wees hul geestelike gesondheid te verbeter.
"Deesdae werk ek met alle tipe persone wat aan neurodiversiteit lei. Dit wil sê variasies in die menslike brein wat betref sosiale gedrag, leervermoë, aandag, buie en ander geestelike probleme soos byvoorbeeld outisme.

"Ek is werklik passievol oor die manier waarop kuns gebruik kan word om trauma en verhoogde spanning te behandel en angs te verlig, iets wat die meerderheid van die mensdom een of ander tyd in hul lewe ervaar.
"Ons unieke kombinasie van kuns en terapie bied 'n ondersteunende en veilige spasie waar mense hulself kan uitdruk, groei en selfbewustheid ontwikkel," sê sy.
"Ek bied kunsklasse vir persone van alle ouderdomme aan. Geen vorige ondervinding is nodig nie, ek glo werklik dat kuns vir 'n ieder en elk bedoel is, of dit nou vir ontspanning is en of dit as terapie ingespan word.
"Die gestruktureerde en projekgeoriënteerde slypskole wat ek gewoonlik op my sosiale blaaie adverteer, word deur middel van 'n groot verskeidenheid kunsmediums aangebied.
"Ons bied ook spanbou aan wat werklik 'n uitstekende manier is om op 'n kreatiewe manier kognitiewe vaardighede, verhoudings, kommunikasie, probleemoplossing en spanwerk te verbeter."
Walmsley het al aan meer as 60 groepuitstallings deelgeneem en haar eerste solo-uitstalling was in 2018 by die StateoftheART-kunsgalery in Kaapstad.
Walmsley het haar liefde vir kuns by haar ouma en ma geërf.
"Albei was so kreatief en was altyd, en is nog steeds, my grootste inspirasie, maar albei is nou ongelukkig oorlede."
Tussendeur beoefen sy ook haar eie kuns en is reeds besig om voor te berei vir 'n kunsuitstalling wat later vanjaar by die GFI-kunsgalery in Gqeberha aangebied sal word.
"Ek verkies steeds beeldhou as kunsvorm en my gunstelingmedium is brons.
"Ek hou daarvan om met die metaal te werk en dit is boonop 'n baie ou vorm van beeldhoukuns wat vandag steeds gewild is."

Walmsley het al aan meer as 60 groepuitstallings deelgeneem en haar eerste solo-uitstalling was in 2018 by die StateoftheART-kunsgalery in Kaapstad.
Verlede jaar het sy haar tweede solo-uitstalling, By Women, For Women, op eie bodem hier in Gqeberha by die GFI-kunsgalery gehou. Sy was ook as een van die top-100-finaliste in die Sasol Nuwe Handtekeninge-kunskompetisie asook die Absa L'Atelier-kunskompetisie aangewys.
Walmsley was die wenner van die eerste All Womxn Matter-kunskompetisie wat deur Julie Miller African Contemporary-kunsgalery en Art at Africa-kunsgalery aangebied is.
Die South African Artist Magazine het in 2022 ses bladsye aan die talentvolle kunstenaar in hulle 67ste uitgawe afgestaan.
Haar werk word nou in die StateoftheART-kunsgalery in Kaapstad uitgestal.
Bel Sarah Walmsley by 062 179 2021 of besigtig haar sosiale blaaie by Instagram: @sarahs.sculptures, Instagram: @artwithheart_za, Facebook: http://www.facebook.com/SarahWalmsleyArtist en webtuistes www.sarahwalmsley.co.za en www.artwithheart.art.



















