Van die slaapkamer tot die kombuis, en selfs die tuin. VIA is hier om jou te entertain!

As jy op soek is na opwinding, kom ervaar hofdrama eerstehands wanneer staatsaanklaers hul vetroulike leêrs blootlê in Die staat teen. In dié misdaadreeks slaan staatsaanklaers hul vertroulike lêers oop om te vertel van die mees uitdagende en onvergeetlike hofsake van hul regsloopbane. Ons kyk na 'n saak teen 'n ivoorhandelaar, die moord op pastoor Albern Martins asook die saak waar meer as 900 kg kokaïen in die Saldanha-hawe gevind is. Kom agter die kap van die byl met VIA hierdie week! Skakel in op Maandae om 20:00 vir Die staat teen op VIA , DStv-kanaal 147.


















