Netwerk24 se eksklusiewe blitsreeks Die Testament is terug! Die tweede seisoen van Die Testament word daagliks, Maandag tot Vrydag, uitgesaai.
Waaroor gaan hierdie seisoen van 'Die Testament'?
Die tweede seisoen van dié aanlyn blitsreeks hervat die verhaal net ná die gebeure wat die eerste seisoen afgesluit het: Annchen Weyers (Rolanda Marais) is in hegtenis geneem weens die moord op haar pa, Sebastian Weyers sr. (André Roothman).

Maar wanneer sy wakker word, bevind sy haar nie in die tronk nie, maar in 'n klein sel op die perseel van die woekeraar Natasja Luddick (Sandra Prinsloo) se herehuis. Natasja het haar eie geheimsinnige redes om Annchen gevange te hou, maar sal die aankoms van Natasja se seun Roland (Stefan Erasmus) haar planne omver gooi?

En sal Annchen se kêrel, Steph Brink (Tim Theron), haar betyds uit Natasja se kloue kan red? Kyk saam en vind uit. . .
VOORHEEN OP DIE TESTAMENT || DIE TESTAMENT SEISOEN 1: KYK AL DIE EPISODES HIER
Waaroor gaan Die Testament Seisoen 1?
Die Testament is 'n storie oor familie. Oor nalatenskap. Oor opbou en afbreek. Dit vertel 'n storie van geheime en leuens. Die storie van hoe die sondes van die vaders hul kinders besoek en stel die vraag of bloed werklik kruip waar dit nie kan loop nie.
Die reeks speel af in die weelderige wêreld van Kaapstad se vooraanstaande sosiale kringe. Sebastian Weyers, selfgemaakte sakeman en konstruksiemagnaat, het 'n familietuiste op 'n luukse landgoed aan die hang van Tafelberg gebou.Hy het drie volwasse kinders, Annchen, Bastian en die laatlam, Jacques. Hulle ervaar hul pa as 'n soort tiran en nie as die charismatiese en vrygewige man wat die res van die wêreld ken nie.
Wanneer Sebastian senior onverwags sterf en die inhoud van sy testament bekend gemaak word, dompel dit almal se wêreld in chaos. Die erfgename sukkel om die skoknuus te verwerk, wat die familie dwing om uiteindelik hul probleme te erken wat hulle al soveel jare vermy. In die proses kan hulle mekaar egter dalk net uitroei
Teken in en geniet blitsreekse, podsendings, luisterboeke, en die top-nuusgebeure op een plek!
Die beste nuus- en leefstylinhoud van die dag - soos die storie ontvou. Heeldag lank berigte oor brekende nuus, sport, sake en persoonlike finansies, leefstyl, gesondheid, kuns en vermaak deur Netwerk24 se landwye verslagspan, asook meningstukke en ontledings deur voorste rubriekskrywers en kenners.
Netwerk24 is ook jou ‘alles-op-een-plek' vir uniek geskepte kyk- en luisterinhoud, soos die daaglikse Blitsnuus-bulletin, blitssepies en -komedies, podsendings en luisterboeke en paneelbesprekings oor aktuele onderwerpe.
Lees elke dag se koerante op hul onderskeie landingsbladsye of die elektroniese weergawes van Beeld, Die Burger, Die Burger Oos-Kaap, Volksblad en Rapport op Sondae onder ‘E-publikasies'.
Kry ook inhoud van die voorste Afrikaanse tydskrifte - Huisgenoot, Sarie, Kuier, Tuis, Weg!, Weg! Ry & Sleep en Baba & Kleuter, insluitende die inhoud van die papiertydskrif in webformaat sodat jy dit maklik op jou selfoon, rekenaar of tablet kan lees. Onder ‘E-publikasies' kan jy ook die jongste uitgawe (en vorige uitgawes) van hierdie tydskrifte, asook van TV Plus en Taalgenoot lees - dit lyk nes die papierweergawe.
Plus jy kry toegang tot ‘n verskeidenheid gemeenskapskoerante, nuusbriewe met die keur van inhoud wat Netwerk24 én die tydskrifte aan jou bied en die geleentheid om saam in jou taal te praat in die kommentaarafdeling onderaan elke berig.


















