Buitelewe

10 items vir jou kampseisoen

Met die dae wat weer langer word en temperature wat styg,gaan Suid-Afrikaners hopelik binnekort weer begin koers kies na ons land seongelooflike oorde, natuurreservate en kampplekke.

Hier is tien items wat die nuwe kampseisoen 'n selfs beterervaring sal maak.

Naturehike-hangmat

Knip 'n uiltjie Hoekom jou geld mors op van diegoedkoper aanbiedinge as jy weet hierdie een gaan jou 'n leeftyd hou?

Hy word van hout, seil en tou gemaak en kom met twee verstelbarekettings waarmee jy hom presies kan laat pas op die plek waar jy wil ontspan.

Hy is 3 m lank, 900 mm op sy breedste punt en weeg skaars2,5 kg.

Prys R2 200 by NatureHike.

Ry & Sleep sê As jy ooit in die voorrygesak het, moet jy hom liefs vermy, want sy dragewig is maar 100 kg.

First Ascent- kompakte donskombers

Lekker slaap Hierdie kombers is nie so warm enbedompig soos 'n gewone een nie, maar danksy die dons pantser hy joubehoorlik teen die koue van die nag.

Hy is liggewig en kompak en vou op in 'n sakkie wat spesiaalin die nylonbuitelaag gemaak is.

Hy is 2 m lank, 1,35 m breed en weeg net 620 g.

Prys R2 300 by Outdoor Warehouse.

Ry & Sleep sê Dink aan dié kombers as 'ngoeie plaasvervanger vir jou heerlik snoesige duvet by die huis.

Tentco Senior Safari Deluxe-koepeltent

'n Dak oor jou kop Jy kan die plaaslike vervaardigerTentco nie veel vertel wanneer dit by die maak van tente kom nie, en die SafariDeluxe is dalk net die opgradering wat jy nodig het om van jou volgende kamp 'nselfs beter ervaring te maak.

Dié outjie word gemaak vir enige toestande en die seil is 'nsamestelling van 330 GSM- polikatoen en seil.

Dan is sy grondseil van 540 GSM-PVC en die raamwerk van(roesbestande) trekvaste staal.

Hy het drie vensters.

Prys R5 600 by Camp & Climb.

Ry & Sleep sê Danksy Tentco se omvattendewaarborg kry jy ook gemoedsrus vir jou geld.

Petzl Actik Core- herlaaibare koplig

Kyk waar jy loop Die dae word dalk langer en dienagte korter, maar snags gaan jy steeds iets nodig hê om te sien waar jy loop.

Hierdie koplamp van die vervaardiger Petzl is nét dieantwoord.

Die koplig het twee helderheidsverstellings: 130 lumens en450 lumens. V

olgens die vervaardiger sal die koplig op die hoërverstelling vir 2 uur werk, terwyl die laer verstelling vir 'n yslike 130uur sal skyn.

Prys R1 194 by Camp & Climb.

Ry & Sleep sê Dis 'n herlaaibare lamp,maar in 'n noodgeval kan jy ook drie AAA- batterye gebruik.

Seaflo-draagbare 20 liter-kamptoilet

Vat jou troon en trek, Ferreira Laai hom agterin diebakkie ingeval die natuur dalk iewers langs die pad roep, of hou hom in jou waas jy net vir die nag staan en nie lus voel om die kassettoilet die volgendeoggend uit te spoel nie.

En as jy in die bos kamp, is hy ewe tuis in jou tent. Hy hou13 l spoelwater, 20 l afval en kan 'n gewig van tot 150 kg dra danksy syduursame ABS-plastiekkonstruksie.

Leeg weeg hy net minder as 5 kg.

Prys R995 by Camp & Climb.

Ry & Sleep sê Hierdie toilet is veralgeskik vir mense wat selfonderhoudend kamp, want hy het nie 'n waterbron nodignie.

National Luna-12 Kg-ysmaker

Komkommerkoel Jy wil nie die gevaar loop om 'nskemerkelkie te skink en dan besef jou ys is op nie.

Vermy eerder so 'n situasie en kry vir jou een van hierdiedraagbare ysmakers deur die plaaslike vervaardiger National Luna.

Hy spog met 'n afwerking van vlekvrye staal, 'n ysemmer watjy kan uithaal, en aanwysers wat die watervlak aandui en wanneer die ys gereedis.

En jy hoef nie lank te wag voor jy kan skink nie: Dit vatenigiets van 6-13 minute voor jou water verander in ys. Tjorts!

Prys R2 494 by Camp & Climb.

Ry & Sleep sê National Luna stel voor jygebruik minstens 'n 1 000 W-omskakelaar as jy die ysmaker op 'nbattery laat loop.

Naturehike-droësak

Waterbestand As jy graag watersport doen, maarverkies om nie jou kosbare besittings by jou staanplek agter te los nie, ishierdie sak van NatureHike net die antwoord.

Jy kan jou foon en sleutels met gemoedsrus daarin bêreterwyl jy op jou kajak roei, want die waterdigte materiaal is gelamineer virbykomende beskerming.

Jy kan die droësak soos 'n rugsak dra én strand toe vat,want hy's ook bestand teen sand en selfs sneeu.

Prys R320 by NatureHike.

Ry & Sleep sê As blou niedie skakering is vir jou nie, kan jy byvoorbeeld ook kies tussen turkoois,pers of oranje.

Gränsfors-byl

Maak 'n paar kappe Die Sweedse maatskappy GränsforsBruk, wat al langer as 'n eeu byle maak, het met die Skandinawieseoorlewingskenner Lars Fält saamgespan om met dié een vorendag te kom.

Dit is eintlik 'n veeldoelige stuk buitelewegereedskap, maardanksy die beskermende staalring onder die kop kan jy die hout vir jou kampvuurmet gemoedsrus kap.

Die nuttige byl weeg net 500 g en die handvatsel is 37 cmlank.

Prys R2 670 by Just Like Papa.

Ry & Sleep sê Jy kry ook 'n netjiesleerhuls waarin jy jou byl bêre.

Leatherman Wave Plus

Mesmoertang… én meer Hierdie legendariese Amerikaansehandelsnaam is sinoniem met innoverende veeldoelige gereedskap wat in die palmvan jou hand pas.

En dit wil amper lyk of die Wave Plus omtrent alles hetbehalwe 'n paar rugbytoks.

Hy het nie minder nie as 18 gebruike vir die voornemendenutsman en ywerige kampeerder.

In die toe posisie vou 4 meslemme oop, terwyl daar nóg 7 iswanneer jy hom oopvou.

Die gereedskap sluit in 'n klein, middelslag en grootskroewedraaier, botteloopmaker, blikoopmaker, saag en skêr.

Prys Vanaf R2 575 by Awesome Tools.

Ry & Sleep sê Leatherman-produkte wordvir 25 jaar gewaarborg.

Red-E Rsp80 8 000 mAh-kragbank met sonpaneel

Kry krag uit die son Enige kragbank wat sy sout werdis, behoort jou minstens twee herlaaisiklusse te gee wanneer jy jou foon oftablet inprop.

Met hierdie model van Red-E kan jy albei gelyktydig herlaai,want die kragbank het twee 2,1 A-5 V-sokke.

Teen 156 x 85 x 28 mm is hy nogal groot, maar hy kom metvier ingeboude sonpanele.

Prys R900 by Outdoor Warehouse.

Ry & Sleep sê Op 'n sonnige dag behoortdie kragbank binne ongeveer 12 uur volgelaai te wees.

Kry dit hier

Awesome Tools

Camp & Climb

Just Like Papa

NatureHike

Outdoor Warehouse

Kyle Kock

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM