Alu-Cab The Roof Box

Bosbevange
'n Daktent neem kosbare dakplek in beslag, maaras jy 'n bosbakkie besit, sal daar waarskynlik 'n oop plekkie op die kajuitbeskikbaar wees - dis hier waar jy Alu-Cab se daktrommel vasbout.
Hy's ruim genoeg vir drie ammokiste, óf jy kan 'n hoogligdomkrag,sandplanke en ander herwinningstoerusting daarin toesluit.
Hy's met mat uitgevoer sodat los items nie rondgly nie, en die deksel iswater- en stofdig.
Hy's beskikbaar in groottes van 200 l en 250 l.
Volume 250 l
Afmetings 103,5 x 70,5 x 33 cm
Gewig 21 kg
Prys R9 517 by 4x4 Mega World
Kontak 011 454 2558; support@oldmanemu.co.za;https://www.4x4megaworldonline.com/4x4megaworldonline.com
Ry & Sleep sê Jy kan brandstofkanneweerskante aanbring as die breedte jou nie pla nie.
Thule Force XT S

Gewild
Dié Sweedse maatskappy is sinoniem met daktrommels.
Die Force-reeks is gewild omdat hy knypers het wat aan feitlik enigesoort bagasierak kan vasknyp.
Danksy die plat boom kan die Force XT S ook op 'n dakrak gemonteer word- iets soos 'n Front Runner-dakrak - en omdat hy betreklik klein is, is daargenoeg plek op jou dakrak oor vir 'n sakkie hout, 'n gassilinder enbrandstofkanne.
Die Force XT S kan 75 kg dra en sy deksel maak van albei kante af oop.
Volume 300 l
Afmetings 139 x 89,5 x 39 cm
Gewig 14,3 kg
Prys R12 000 by Thule
Kontak 066 212 6800; thulestore@sportandcargo.co.za;https://thulestore.co.za/thulestore.co.za
Ry & Sleep sê Die sleutel kan slegs uit dieslot getrek word wanneer hy gesluit is.
Yakima 752

Stylvol
Yakima is 'n Amerikaanse vervaardiger watbekend is vir sy fietsrakke.
Hierdie daktrommel kan 75 kg dra (nes die Thule Force), maar hy weeg 'nraps meer én hy's duurder.
Die deksel kan van albei kante af oopmaak en standaardtoerusting sluitin T-boute wat op Yakima se vaartbelynde dwarsstawe pas.
Maar die maatskappy verskaf ook U-klampe wat aan feitlik enige dwarssparklou, plus spesiale knypers vir BMW-voertuie se bagasierak.
Volume 450 l
Afmetings 200 x 89 x 43 cm
Gewig 19 kg Prys R13 900 by Rack & Carry
Kontak 044 382 2808; sales@rackandcarry.co.za;https://rackandcarry.co.za/rackandcarry.co.za
Ry & Sleep sê Hy pas nie op 'n dakrak nie,tensy jy gate boor en hom vasbout.
Evo Tuning

Bekostigbaar
Soos jy kan sien, is daktrommels betreklikduur, maar die Evo Tuning kos minder as die helfte van sy naaste mededinger ophierdie blad.
Dit is omdat hy uit China kom en 'n namaaksel is van 'n ouerThule-model, maar van goedkoper plastiek en met beperkte funksies.
Die deksel maak byvoorbeeld slegs aan die passasierskant oop, en hoeweldie vervaardiger nie 'n gewigsbeperking gee nie, kan 'n mens sommer voel hy isnie so sterk nie.
Volume 360 l
Afmetings 139 x 90 x 39 cm
Gewig 11 kg Prys R5 895 by Autostyle
Kontak 062 070 6604; sales@autostyle.co.za;https://www.autostyle.co.za/autostyle.co.za
Ry & Sleep sê Hy lyk en voel goedkoop omdathy, wel, inderdaad goedkoop ís.
Front Runner Transit XL

Trommelsak
Front Runner het net die oplossing as jyverkies om jou klere en proviand in ammunisiekiste te vervoer. Die Transit-sakhou drie van hierdie kissies.
Die sak word gemaak van 600d-UV- beskermende materiaal wat stofdig enreënbestand is.
Hy't 'n 1 100 g-PVC-boom om hom stewig te hou sodat jy hom op 'n dakrakóf op dwarssparre kan vervoer.
Die nate het drie rye nylonstiksels vir ekstra duursaamheid en hy'thandvatsels sodat jy die sak met die kiste daarin kan dra.
Volume 180 l
Afmetings 120 x 50 x 30 cm
Gewig 1,78 kg
Prys R956 by Front Runner
Kontak 011 466 0155; https://www.frontrunneroutfitters.com/en/za/frontrunneroutfitters.com
Ry & Sleep sê Hy's smal sodat daar pakpleklangsaan op jou dakrak oorbly.
GEAR4GEAR

Uit die Baai
Hierdie sak word in PortElizabeth gemaak en hy bestaan uit 440 g-Ripstop-materiaal aan die buitekant.
Binnelangs is hy uitgevoer met 480 g-Polyweave-materiaal wat homwaterdig maak.
Die stroppe en gespes is getoets om 400 kg vrag vas te hou (hoewel jyuiteraard nie soveel gewig op jou sportnuts se dak moet vervoer nie).
Hy's geskik vir 'n dakrak en selfs vir voertuie sonder dakstawe.
In so 'n geval moet jy Gear4Gear se sagte stawe aan-skaf - soos op diefoto hierbo.
Volume 300 l
Afmetings 120 x 85 x 30 cm
Gewig 5 kg
Prys R3 499 by Nautical Sports
Kontak 041 811 2628; info@gear4gear.co.za;https://nauticalsports.co.za/nauticalsports.co.za
Ry & Sleep sê Laai hom propvol klere sodathy nie wapper nie.
Ironman 350L

Nommerpas
Hierdie sak word gemaak van 500 d-waterbestande PVC- materiaal en die swaardiens- ritssluiter word bedek deur 'nflap wat met klitsritsstroke verseël.
Jy strop hom op 'n dakrak vas en die knippe maak in 'n kits los.
Die sakke is beskikbaar in vyf groottes: 600 l, 500 l, 350 l, 250 l en200 l.
Die 350 l-weergawe is volgens ons die praktiesste, want hy's makliker omte dra en hy los genoeg plek langs hom op die dakrak vir 'n sakkie hout en 'nbrandstofkan.
Volume 350 l
Afmetings 120 x 96 x 30 cm
Gewig 3,66 kg
Prys R2 550 by Ironman 4x4
Kontak 011 634 7770; info@ironman4x4.co.za;http://ironman4x4.co.za/ironman4x4.co.za
Ry & Sleep sê Hy's veral geskik vir 'ndakrak.
Rhino Bagmate

Ou grote
Die Rhino BagMate is ontwerp om op enige motorse dak te pas - met of sonder dakstawe. Indien jou voertuig geen dakstawe hetnie, knip jy die stroppe aan die deurkosyn vas.
Uiteraard is dit makliker om die sak aan dakstawe of 'n dakrak vas temaak.
Die materiaal is van militêre standaard en heeltemal reën- bestand, endie nate is toegesmelt eerder as gestik.
Dit is 'n enorme sak en ons stel voor jy kry iemand om te help as jy homvan jou kar se dak wil afhaal.
Volume 540 l
Afmetings 124,5 x 88,9 x 50,8 cm
Gewig 4,3 kg
Prys R1 950 (BTW uitgesluit) by Maclaren Air
Kontak 011 315 4348; maclaren@ust.co.za
Ry & Sleep sê Moenie harde items hierinlaai as hy direk op jou kar se dak lê nie.
Built-noodwielrak

Skouer aan die wiel
Buiten die dak is daar 'nander bêreplek wat dikwels misgekyk word: die noodwiel op die agterdeur.
Goed, jy kan nie baie gewig hier laai nie, want die wiel weeg self 'nhele paar kilogram.
Dit is egter 'n geskikte plek vir iets ligs soos 'n bondeltjie braaihout- Built sê hulle laai rondom 20 kg in hierdie rak sonder probleme.
Die noodwielrak word gemaak van weekstaal, vlekvrye staal en aluminium,en dis verstelbaar om op die meeste wielgroottes te pas.
Dravermoë Dit hang af van die voertuig
Afmetings 70 x 35 x 7,6 cm
Gewig 7,5 kg Prys R2 499 by Built Concepts
Kontak 084 601 6264; hello@builtconcepts.co.za;https://builtconcepts.co.za/builtconcepts.co.za
Ry & Sleep sê Die ratstrop is nie ingesluitnie - kry een van 50 mm x 5 m.
Rhino-Rack Xtray

Losgemaal
Die Australiese dakrakvervaardiger is al dertigjaar aan die gang en hy weet dus 'n ding of twee van dakmandjies.
Dié mandjie pas op feitlik alle dwarssparre, hetsy dit van Thule, Menaboof Holdfast is.
Hy's veral geskik om 'n verskeidenheid los sakke, tasse of kiste op joudak te vervoer, en Rhino-Rack voer aan hy't die mandjie sterk genoeg gemaak virware 4x4-avonture.
Die metaal is met gebakte poeierverf behandel sodat dit nie roes ofverdof nie.
Dravermoë 75 kg
Afmetings 148 x 110 x 15 cm
Gewig 21 kg Prys R5 450 by Rack & Carry
Kontak 044 382 2808; sales@rackandcarry.co.za;https://rackandcarry.co.za/rackandcarry.co.za
Ry & Sleep sê Dis soos 'n dakrak, maar nieso permanent nie.

Hoe swaar mag ek laai?
Jou sportnuts se dakstawe is dalk sterk genoeg om 300 kg te dra, maarjou daktrommel kan slegs 90 kg hanteer en jou voertuig se handleiding sê diemaksimum- toelaatbare dinamiese gewig op die dak is 80 kg.
Dan is die maksimumgewig wat jy in die trommel mag laai, minder as 80kg, want jy móét die swakste skakel in ag neem.
Ons sê "minder as 80 kg", want jy moet in ag neem die dwarssparre endaktrommel het hulle eie gewig.
As jy byvoorbeeld 'n Toyota Fortuner besit waarvan die dak se vraggewig80 kg is, moet jy die dwarssparre se 3 kg en die daktrommel se 19 kg daarvanaftrek, wat jou met 58 kg los vir jou bagasie.

En dis nie die einde van jou somme nie, want indien jy beplan omuitdagende paaie te takel wat jou Fortuner heen en weer gaan laat wieg soos 'nskip op die stormsee, moet jy die maksimumvrag met 'n verdere 33% verlaag, wantjou daktrommel se knypers en die dakstawe se vasboutplekke hou nie vansywaartse beweging nie.
Dit beteken as jy Van Zylspas met 'n Toyota Fortuner wil aandurf, moetjy nie meer as 38,86 kg in die daktrommel laai nie.
Enigiets meer as dié beskeie syfer kan veroorsaak dat jy die dakstawe ofjou daktrommel se knypers gaan breek, of, nóg erger, jou Fortuner op sy daklaat beland.




















