Buitelewe

Geskenk-idees van die Weg-span

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Gallo/Gettyimages.com
Foto: Gallo/Gettyimages.com

Sophia van Taak

Barrydale Hand Weavers-kussingslope

Wanneer 'n mens iets van dié wewery in die Klein-Karoo koop, weet jy jyondersteun 'n gemeenskap waar werk skaars is. Jy kan selfs op hulle webwerfgaan kyk wie die wewers is wie se handewerk jy aanskaf.

'n Wye reeks produkte is beskikbaar, van plekmatjies en servette totmatte en komberse. Alles word van plaaslik verboude katoen met die hand geweef.

Dié kussingslope (50 x 50cm) is beskikbaar met rooi, ligblou, donkerblou, wit, steenkool of grysstrepies.

R340 per sloop; https://barrydaleweavers.co.za/barrydaleweavers.co.za

Feat.-sokkies

Sokkies hoef nie 'n verbeeldinglose geskenk te wees nie. Jy kan kiestussen strepiesokkies of prentjiesokkies, en van laasgenoemde is daar 'n heleklomp eg Suid-Afrikaanse temas: walvisse, olifante, renosters, Muizenberg sestrandhutjies, sardientjies, springbokke...selfs janfrederikkies!

én 20% van jou sokkiegeld word aan die WWF geskenk.

R110-R135 per paar; https://featsockco.com/featsockco.com

Kindbrush

As jy - soos tandartse sê ons moet! - jou tandeborsel elke drie maandevervang, dink 'n bietjie hoeveel plastiekborsels het jy al in jou leeftydweggegooi?

Die Kindbrush se steel word gemaak van bamboes uit 'n volhoubareplantasie in China.

Wanneer dit tyd word om jou borsel te vervang, kan jy die oue instukkies breek en op die komposhoop gooi. K

indbrush se mense soek nog 'n alternatief vir die nylonborselhare, maardié mooi borsel is reeds 'n stap in die regte rigting. Dis beskikbaar in vyfkleure, sowel as volwasse en kindergroottes.

R85 (R75 vir 'n kinderborsel); http://kindbrush.com/kindbrush.com

Esma Marnewick

Sapmok-plakkie

'n Plakkie is 'n plakkie... is 'n plakkie. Maar dié plakkies wordplaaslik van 30% herwonne rubber gemaak.

Die netjiese kurkafwerking gee dit 'n aardse voorkoms wat dit laatuitstaan tussen gewone plakkies met oordadige kleure.

Trouens, dis netjies genoeg vir kantoor. En dis gemaklik. Kan 'n mensmeer van 'n plakkie vra?

R280; https://sapmok.com/sapmok.com

Vivolicious-spanbroek

Dié spanbroek word plaaslik ontwerp en gestik. Die natuur (sonneblomme,fynbos, kameelperde...) dien as inspirasie vir die ontwerpe én 'n persentasievan verkope word aan die Flower Valley-bewaringstrust geskenk.

Boonop word die broeke deur ultra-atlete getoets. Dra dit in die berge,die gimklas of as jy die kinders by die skool gaan haal.

Vanaf R829; https://vivolicious.co.za/vivolicious.co.za(Daar is net 'n beperkte aantal van elke ontwerp).

Spot it-speletjie

Dié speletjie (vir 2-8 spelers) hoort in elke vakansiehuis, woonwa enkampkrat. Sodra jou kinders prentjies kan uitken, kan julle laat waai. Ditbestaan uit 55 kaarte met verskillende prentjies: 'n spinnekop, kaas, lippe,igloe, kaktus...

Op enige twee kaarte is daar een prentjie wat ooreenstem.

Daar is vyf verskillende speletjies, maar die mikpunt bly dieselfde -die eerste een wat die ooreenstemmende prentjies "spot", wen die kaart.

R180; https://www.takealot.com/spot-it/PLID42172347takealot.com(Daar is ook 'n mini-weergawe vir R100 - met 30 kaarte.)

Toast Coetzer

Handgemaakte kettie

'n Kettie is eintlik iets wat jou oom op die plaas vir jou maak wanneerjy op vakansie as agtjarige gaan kuier.

Hy sou self die mik kies en dan 'n ou binneband in repe sny vir dierekke, en die saggewerkte tong van 'n afgedankte vellie gebruik waarin jy dieklippie toevou.

Hoewel ons ongelukkig nie almal meer só 'n oom op die plaas het nie, isdaar altyd oom Internet... koop 'n kettie (haasrek en al) by https://outdoorandallsales.co.za/outdoorandallsales.co.za virR50 of by https://www.takealot.com/handmade-wooden-slingshot/PLID72174765takealot.comvir R189.

En onthou: skiet asseblief Coke-blikkies van 'n hoekpaal af, niekersogies uit die vyeboom nie!

(Desiree Hartney)

Klassieke kakiehemp

Jy is nie altyd in die bos nie, maar dit beteken nie dat jy nié daaglikskan dagdroom van veldwagter wees iewers in die Laeveld nie...

Dra hierdie klassieke kortmou-kakiehemp kantoor toe en maak asof joukollegas rooibokke is. (Wie's die leeu? Jy's die leeu.)

Die hemp het epoulette; 'n sekerheidswag salueer jou dalk!

Khaki Fever se hemde word in Hoedspruit gemaak, met ander woorde, dis"gebottel by die bron".

Spesiale aanbieding: R200 vir 'n vroue- of manshemp, ongeag die grootte;https://khakifever.co.za/khakifever.co.za

Vleis vir die nasie

So waar as wat Kersvader nie deur jou binne-stofie se skoorsteen gaanpas nie, so seker is die feit dat eet (eintlik maar braai) feestyd-aktiwiteitno.1 is.Bewustheid is aan die groei oor die etiese verbou van vleis en om te weet jyeet iets wat kom van 'n plaas wat organiese riglyne volg, is goeie nuus vir jougewete én gesondheid.

Lowerland is 'n plaas naby Prieska waar Bertie Coetzee en sy spangehalteskaap-, vark- en beesvleis produseer, asook produkte soos wyn, neute enmeel. Stuur vir Bertie 'n WhatsApp op 0833499559 viraflewering in stede; sien meer by https://lowerland.co.za/lowerland.co.za.

Afrikanis-rum

Gin was lank genoeg die inding, dis tyd vir 'n rumparty! AfrikanisPremium African Rum se logo is die ikoniese Canis africanis-hond, en kom uitdie kreatiewe hoek van Dawid en Karlien de Wet van Graaff-Reinet.

Dis R475 per bottel en as jy nie 'n rumdrinker is nie, bestel handeroomof vloeibare seep (R90 elk), of dalk 'n byderwetse "Loyal to the bone"-T-hemp(R350)! Kry dit by https://www.afrikanis.co.za/afrikanis.co.za.

Jon Minster

First Ascent Journey Tee

Die meeste van ons wat 'n bergfiets vir plesier trap, hoef nie altyd 'nultra-noupassende fietsrytruitjie met sakke te dra nie.

Hierdie ruim T-hemp is ontwerp vir aldag gemak. Die moue strek tot bydie elmboog, en daar is geen some onder die armholtes nie wat beteken jy gaannie skaaf nie.

Die rug is langer sodat die hemp nie optrek as jy op jou fiets sit nieen die materiaal is lekker lig sodat dit lug deurlaat en sweet maklik verdamp.

R699; https://www.firstascent.co.za/firstascent.co.za

Lezyne Bar End Multi-Tool

Dis altyd 'n las om gereedskap op 'n bergfiets te dra. Jy moet dit of in'n sakkie onder jou saal bêre (wat nie lekker werk as jy jou saal vinnig wil laat sak nie)of dit moet êrens aan jou raam vasgemaak word.

Lezyne het die probleem probeer oplos met hierdie veeldoeligegereedskapstel wat in die holte onder jou stuurstang inpas.

Dit het 11 verskillende staaltoebehore wat die meeste van jouherstelwerk op die bergfietspad sal dek. Dit weeg net 85g en jy voel glad nie dieekstra gewig aan jou stuurstang nie. Die gereedskapstuk is vinnig binne bereikindien jy dit nodig het, maar andersins weet jy nie eens daarvan nie.

R995; https://twowheelstrading.co.za/twowheelstrading.co.za

Killat Kota Moon

Dié sak word aan jou fiets se stuurstang vasgemaak, en daar is genoegplek vir al die goeters wat jy gewoonlik in jou sakke sou dra.

As jy te voet verder beweeg, ontkoppel jy die sak om dit oor jou skouerof om jou heupe te dra. Ek gebruik myne om 'n klein kamera, 'n ligte baadjie en'n paar energiestafies te bêre.

Die katoenmateriaal is in verskeie kleure beskikbaar, en van die sakke (ookin verskillende kleure beskikbaar) word ook van taai Ripstop-nylon gemaak.

Dis lekker (en lekker plaaslik) en goed geprys - net reg vir jouvolgende avontuur.

R595; https://killatgear.com/killatgear.com

Martinette Louw

Rock Rabbit Sports-veldloopbaadjie

'n Mens dra hierdie veldloopsak soos 'n onder-baadjie. Dis gemaak vanrekbare materiaal wat gou droog word en het tien sakke.

Jy kan twee 500ml-waterbottels en 'n 2l-waterblaas (nie ingesluit) saamdra, asook ander noodsaaklikhede, soosjou karsleutels, selfoon en 'n warm baadjie. Jy sal nie weer jou pakkie snesiesby die huis vergeet nie!

Beskikbaar in grys of vlootblou met blougroen, ligpers of koraalkleurigeaksente.

R1399; https://rockrabbitsports.co.za/rockrabbitsports.co.za

Karoo Farm Box

Tydens die knellende droogte in die Karoo het Lani Lombard en haarskoonseun, Louis Steyn, van Cradock met 'n blink plan vorendag gekom: Vul bokse metgehalte-produkte uit die omgewing om boere en entrepreneurs te ondersteun.

Daar is 'n reeks bokse met verskillende produkte om uit te kies:skaapwolpantoffels; sybokhaarserpe, -sokkies en -komberse; leer-gordels en-grimeersakkies; boeke oor die Karoo; roosterkoekroosters; boerseep... Daar isselfs 'n boks met 'n strandtema!

Vanaf R1999; https://www.karoofarmbox.co.za/karoofarmbox.co.za

Uzwelo-strandsak

Wil jy graag stylvol op die strand wees, maar ook jou deel vir dieomgewing doen? Uzwelo Bags se strandsakke word van herbenutte baniermateriaalgemaak.

Die sak is 57cmx 49cm x 19cm en jy het genoeg plek virjou donkerbril, handdoek, sonskerm en 'n bottel water. Daar is verskillende patronebeskikbaar, van hierdie mooi koraalkleur tot luiperdkolle en tropiese blomme.

R490; https://uzwelo.co.za/uzwelo.co.za

Kyra Tarr

Zero Bars

Soliede toiletware raak al gewilder, en hier-die trots Suid-Afrikaansesjampoestafies is 'n ideale geskenk vir stappers of ywerige reisigers.

Nie net is die stafies kompak (50g) en maklik om te vervoer nie, maar daar is geen plastiekverpakking nieen geen water word in die vervaardigingsproses gebruik nie.

Elke stafie bevat 'n mengsel van soliede sjampoes en natuurlikebestanddele.

Dit is dus meer omgewingsvriendelik en jy behoort sowat 70 keer jou haredaarmee te kan was.

R75-R85; https://zerobar.co.za/zerobar.co.za

Blue Bee Cocktail Syrup

Hierdie heuning-en-suikerstroop word met die hand in Kleinmond deurChristo Bezuidenhout vervaardig en is 'n lekker toevoeging tot die meesteskemerkelkies.

Dit word van plaaslike bestanddele gemaak. Die gewilde roosmalvageurword gemaak van rose wat organies in Christo se tuin verbou word.

Ander geure sluit in lemmetjie en geroosterde speserye, asookgrenadilla.

R150 vir 'n 500ml-bottel; R150 vir 'ngeskenkpakkie; https://bluebee.co.za/bluebee.co.za

Pierre Steyn

Carma Quip-braaiskoot

Dié maatskappy in Durbanville is welbekend vir sy uitstekendekampmatrasse wat gebou is om te hou.

Nou het hy met 'n innoverende voorskoot vorendag gekom wat nie net diebraaier se klere rondom die vuur sal beskerm en skoon hou nie, maar ook ná diebraai 'n bêreplek vir die rooster bied.

Die buitekant van die braaiskoot is gemaak van 'n waterbestandemateriaal terwyl die binnekant van PVC is wat maklik skoongevee kan word.

As jy die braaiskoot toevou, kan jy 'n rooster van tot 500mm x 400mm daarin bêre. Skote Petoors!

R495; https://carmaquip.co.za/carmaquip.co.za

(Desiree Hartney)

Zartek ZA-748-tweerigtingradio

Indien jy al ooit in 'n plek soos die Kaokoland konvooi gery het, weetjy hoe noodsaaklik dit is om met mekaar te kan kommunikeer - veral waar daarnie selfoonsein en WhatsApp is nie.

Hierdie stel tweerigtingradio's van Zartek is perfek om tussen voertuiemet mekaar te gesels as jy in die een voertuig

is en Skoonpa in die ander. Die stel van twee klein, kompakte radio'skos net 'n bietjie

meer as R1000 en jy't nie 'n lisensie nodig om hullete gebruik nie.

Dit het 16 vooraf-ingestelde kanale, 'n reikwydte van tussen 2 km en 6km afhangende van die terrein.Kies vir jou 'n roepnaam en vat die pad!

R1099; https://zartek.co.za/zartek.co.za

(Desiree Hartney)

Hi-Tec Geo Trail Pro-stapstewels

Hierdie ligte, taai stapstewels was my kopie van die jaar. Dit hetstaproetes in die Karoo-, Klein-Karoo en Tuinroete met gemak deurgedraf en lyksteeds goed.

Dit voel amper asof jy drafskoene dra. Die bostuk haal maklik asem, dievoorvoet en hakbeskerming is uitstekend en dit het geen wrywingspunte nie (geenblase nie!).

Nie almal gaan van die blou kleurskema hou nie, maar jy kan dit ook inkakie kry.

R1299; https://hi-tec.co.za/hi-tec.co.za

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM