Buitelewe

’n Tent vir elke toppie

Weg Ry & Sleep
Weg Ry & Sleep

Diemens kamp al duisende jare in tente. Die Bybel noem byvoorbeeld in Genesis datJabal die stamvader is van veewagters wat in tente woon. Ons weet ook dat dieRomeinse leër in leertente gekamp het, én dat die eerste ekspedisie wat dieSuidpool bereik het - onder leiding van die Noorwiër Roald Amundsen -henneptente saamgeneem het.

Maarwatter soort tent is die beste vir jou? 'n Daktent of 'n grondtent?Nylon of doekmateriaal? Hier is jou keuses...

Kies jou tent!
Kies jou tent!

Nylon

Nylontentekan in twee kategorieë verdeel word: leefstyl en ekspedisie. Leefstyltente kanjou warm en droog hou in matige natweerstoestande, maar ekspedisietente hou jouaan die lewe in uiterste omstandighede. Nylontente se paaltjies word gewoonlikvan veselglas gemaak. Dit weeg min en kan heelwat buig voordat dit breek. Maaras die wind kliphard waai, móét jy ankertoue gebruik, want anders gaan daaipaaltjies soos vuurhoutjies knak.

Ekspedisietentese paaltjies word weer dikwels gemaak van 'n mengsel van aluminium enkoolstofvesel - dit is aansienlik sterker as veselglas én weeg minder, maarselfs húlle kan knak in sterk wind.

'n Leefstyltentse dak is gewoonlik hoog genoeg dat jy regop binne kan staan, terwyl 'n ekspedisietentplatter en dikwels vaartbelyn is sodat stormwinde bo-oor kan waai. Laasgenoemdehet ook meer as net twee paaltjies en 'n ooraanbod van ankertoue.

Jykan 'n ekspedisietent verder uitken aan die helder kleur - gewoonlik geelof oranje - sodat reddingswerkers jou makliker uit 'n helikopter kanraaksien. Sommige avonturiers wat die Noordpool in die somer pak, kla wel datdie helder gloed aan die binnekant jou laat voel asof jy binne-in'n gloeilamp slaap.

'n Andersoort leefstyltent is 'n kitstent. Hulle het twee groot hoepels watinmekaarvou wanneer jy hom bêre, en oopspring wanneer jou hom uit sy sak haal.Hulle ontplooi gewoonlik binne enkele sekondes, maar verg soms 'n bietjiekopkrappery om weer terug in die sak te kry.

Katoen-koepeltent
Katoen-koepeltent

Doekmateriaal

Seiltenteword gemaak van katoen, poliëster of 'n mengsel van die twee. As diemateriaal in die ripstop-teenskeurweefpatroon geweef is, is dit meer bestandteen skeure as nylon met dieselfde teenskeurweefpatroon, maar ongelukkig isseil ook heelwat swaarder as nylon. En as gevolg van die gewig is seiltente sepale gewoonlik van staal, wat hulle nóg swaarder maak.

Seiltentevan katoen of poliëster laat minder lig deur en jy kan dus later slaap op jouvakansie. Katoen haal ook asem en vog versamel nie aan die binnekant soos met'n nylontent nie.

Seiltenteis warmer in die winter en koeler in die somer as nylontente. Buiten die gewigis die groot nadeel van katoen dat dit muf as jy nie na jou seiltent kyk nie.Wag tot hy kurkdroog is voordat jy hom in sy sak pak.

Dievoordeel van poliëster is dat dit nie vatbaar is vir vrot nie, maar dit haalnie so goed asem as katoen nie. Vir omgewingsbewustes is katoen ook'n beter keuse, want dit breek natuurlik af aan die einde van sy leeftyd.

Onsgesels met twee kenners oor nylon versus katoen.

Samantha Piek is 'n gesoutekampeerder en haar kennis maak haar een van die buitelewewinkelgroep Camp &Climb se top-verkoopsmense.

"Ekwas altyd 'n voorstander van nylontente, maar deesdae verkies ekdoekmateriaal," sê Samantha. "Seiltente het duursame staalpale teenoorveselglaspaaltjies wat maklik breek. Hulle het gewoonlik ook langer penne watnie so maklik deur die wind uitgetrek kan word nie. Vir my is die besteeienskap van seiltente egter dat jy later kan slaap en heeldag daarin kan lêomdat hulle koeler is as nylontente."

Maar wat van die gewig? "Jy ry metjou kar tot waar jy gaan tent opslaan. Gewig maak dus nie saak nie. Ek gee toedat seiltente nie vir stappers is nie, maar deesdae is daar stappershutte opelke roete en hulle het dus ook nie 'n nylontent nodig nie."

NeelBrits is 'n bestuurder by 4x4MegaWorld en hy verkoop al die soorte tentewaaroor jy op hierdie blaaie lees. "Daar's 'n tyd en 'n plek vir allesoorte tente. My klante koop gewoonlik 'n duursame seiltent vir Ma en Paen 'n nylontent vir die kinders. Die redenasie is dat ouers'n duursame tent soek wat jare se diens sal lewer. Hulle kies dan'n goedkoper kompakte tent vir die spruite, want hulle gaan dit iedergeval ontgroei en later die huis verlaat. Ek weet van geen klant wat'n daktent vir die ouers en 'n grondtent vir die kinders gebruik nie.óf almal slaap bo óf almal op die grond," sê Neel.

Oorduursaamheid het hy die volgende te sê: "Poliëster bly langer skoon as katoen.Baie van ons topverkopertente bestaan uit 'n mengsel van poliëster enkatoen. Nylon gaan jou ook donkiejare hou as jy mooi daar- na kyk.

Virmy 4x4-vakansies gebruik ek my seiltent, maar as ek met my motorfiets reis,strop ek my nylontent vas.

Wat is 'n waterkolom?

Bynylontente word gewoonlik 'n waterkolomsyfer in die spesifikasielysaangegee. Dié "waterkolom" is 'n denkbeeldige buis wat met water gevul is.

Eenoop kant van die buis rus teen die oppervlak van 'n seil. Diewaterkolomsyfer is die hoeveelheid water wat jy in die denkbeeldige buis kantap voordat die water deur die seil gedwing word.

Neem'n 5 000 mm-waterkolom as voorbeeld: Dit beteken dat die buis tot op die 5000 mm-merk met water gevul is voordat die materiaal lek.

Hoehoër die syfer, hoe meer waterdig die seil.

Letwel daarop dat die waterkolomgradering nie die tent se nate in ag neem nie. Asdie nate lek, is die gradering nutteloos.

Seiltentevoorsien nie 'n waterkolomsyfer nie, en onbehandelde katoen lek soos'n woltrui.

Waterkolom
Waterkolom

Hierdie artikel het oorspronklik in Weg Ry & Sleep #20 (Maart 2019) verskyn. Ons probeer nuwe inligting bywerk, maar feite en geite kon intussen verander het - laat weet gerus as jy so iets raaksien.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM