Die somer is om die draai en jy kan solank begin opwarmvir 'n vakansie by die see.
Dis egter nie 'n goeie idee om na die groot strande tegaan waar mense mekaar vertrap nie - nie met die pandemie wat steeds woed nie.
Kies eerder koers na 'n stiller strand, die soort waar jyjou kar eenkant los en deur die duine stap tot in 'n beskutte baai waar net 'npaar groepies mense kuier.
Ons dink byvoorbeeld aan die versteekte standjies van dieWeskus en die strande van die Noordkus wat jy slegs kan bereik metplankiespaadjies wat deur digte bosse kronkel.
Die probleem - én die seëning - is dat jy redelik vermoet stap om by hierdie afgeleë strande uit te kom.
Hier volg 'n lys van strandgoed wat 'n gesin van driealles op een slag af strand toe kan dra sonder om na hulle kar terug te keervir nog 'n vrag.

Tentco-grootwieltrollie
Die groot trek Die produkte wat ons hier wys,is te veel om met die hand te dra, maar Tentco kom tot die redding.
Hierdie trollie het breë wiele, wat jou in staat stel omhom oor sand te sleep.
Hy kan 'n vrag van 70 kg dra en die mandjie se afmetingsis 81 x 45 x 26 cm.
Prys R1 600 by Tentco.
Ry & Sleep sê Die trollie vouop en jy bêre hom in sy eie drasak.

Tentco-opwipgazebo
Hier kom Boswell Wilkie! Hierdie afdakweeg net 24 kg, wat beteken jy kan hom op jou eie strand toe dra.
Daar is ligter fabrikate, ja, maar 'n sterk windknak daai tente soos vuurhoutjies.
Nie Tentco se gazebo nie. Anders as met die Sunbrella opdie volgende blad is 'n gazebo nie vir sonbaai nie, maar eerder 'n skanswat jou teen die twaalfuurson beskerm.
Prys R1 900 by Tentco.
Ry & Sleep sê Hy's 3 m breeden die hoogte kan verstel word.

Cape Union Mart-strandstoel
Sit-sit-so Dis lekker om op 'n handdoek te lê enbak, maar 'n mens wil darem ook 'n bietjie kan regop sit, veral as jy 'n ogiemoet hou oor die kinders doer in die vlak brandertjies.
Die stoel is só ontwerp dat sy pote nie in die sand salwegsak nie en hy't sponse op die rug- en armleunings vir ekstra gerief.
Prys R499 by Cape Union Mart.
Ry & Sleep sê Die stoel weegmin en 'n ouer kan twee van hulle onder een arm dra.

Camp Cover Traveller-48 blik-koelsak
Met eish, ja 'n Koelsak is makliker om te draas 'n koelboks, en as hy leeg is, kan jy al die los strandgoed daarin gooi voorjy terugstap kar toe.
Camp Cover se produkte is van puik gehalte en dieRipstop-seilmateriaal is besonder duursaam.
Hy's waterdig sodat jy ysblokkies daarin kan gooi.
Prys R767 by Camp Cover.
Ry & Sleep sê Hy het bandewaaraan jy hom dra, maar laai hom eerder in die trollie.

Wizza- vlieënde skyfie
Vreemde vlieënde voorwerp Hierdie skyfie is 'nSuid-Afrikaanse uitvindsel wat onlangs die lig gesien het.
Hy word van silikoon gemaak en is klein genoeg om in joubroeksak te pas.
En ondanks sy grootte kan jy hom 60 m ver gooi. Jygooi hom met jou gewrig, soos jy 'n klippie op 'n dam se oppervlak laat spring.
Prys R60 by Sportsmans Warehouse.
Ry & Sleep sê Hy weeg min ensal niemand seermaak as jy hulle per ongeluk raakgooi nie.

Fireside- opvoubare houtskoolbraai
Nou gaan ons braai 'n Mens mag nie op sommer enige strandvuurmaak nie - die menseredder op Durban se Goue Myl gaan jou aanpraat as jy opSuidstrand wil braai, maar dis in die haak in die Wes- en Noordkus waar mensever uitmekaar lê.
Hierdie outjie vou lekker klein op (30 x 18 x 5 cm) enweeg slegs 2 kg.
Prys R449 by Outdoor Warehouse.
Ry & Sleep sê Hy's groot genoegvir een rol boerewors of 'n sakkie Weense worsies.

Leisurequip-silikoonglase
Skemerkelkies Op die meeste strande geld'n verbod op alkohol, maar hierdie wynglase werk ook lekker vir sap enkoeldrank.
Hulle is BPA-vry, sal nie breek as jy een laat val nie,en is maklik om skoon te maak.
Silikoon is ook antistaties en sandkorrels gaan niesommer aan jou glas vasklou nie.
Prys R99 by Takealot.
Ry & Sleep sê Dié glas voel sag in jou hand, maar jysal hom darem nie papdruk nie.

Natural Instincts-strandmat
Rol uit die tapyt Hierdie mat is2 m breed en 1,8 m lank, en vou op in sy eie drasakkie.
Die mat word geweef van poliëtileen en teslin, 'n soortsintetiese papier wat besonder sterk is. Die weefpatroon is van só 'n aarddat sand van bo af deur die net val, maar nie van onder af kan deurstoot nie.Slim!
Prys R699 by Outdoor Warehouse.
Ry & Sleep sê Die sand skudmaklik uit wanneer jy oppak.

Dunlop-swaaibal
Ou bekende Wat is 'n somervakansie langs die seesonder goeie ou swing ball?
Hierdie speletjie kom al 'n honderd jaar aan enverrig wondere vir kinders se ooghandvaardighede.
Dunlop se speletjie is nie bloot 'n leermiddel virtjokkers nie, want hy maak ook die ouer garde se litte los - sonder dat jy diebal hoef te gaan soek!
Prys R229 by Game.
Ry & Sleep sê Jy kan die balen tou los koop indien dit breek.

Odysea Classic Pro-lyfplank
Eindelose somer Odysea het bekende branderryersgevra om die grafika op hulle lyfplanke te ontwerp - dié een is deur BlairConklin van Luguna Beach in Amerika.
Die Classic-reeks het geen tierlantyntjies nie en wordhoog geag deur professionele sportmense.
Sy prys pas natuurlik by sy reputasie.
Prys R4 490 by Dark Star Direct.
Ry & Sleep sê Hy's duur, maarhy gaan nie ná die tweede brander middeldeur breek nie.

Camp Cover Kitchen Caddy
Alles en nog wat 'n Mens kry welfraaier strandsakke as hierdie een, maar min van hulle is so prakties soos CampCover se kombuissak.
Dié een het vakkies vir eetgerei (borde en messegoed isekstra) en daar's plek vir sonskerm, donkerbrille en vir jougunstelingtydskrif... kug-kug... Ry & Sleep, natuurlik!
Prys R1 361 by Camp Cover.
Ry & Sleep sê Hy't 'n volumevan 52 l, wat oorgenoeg is vir al die peuselhappies.

Natural Instincts Sunbrella
'n Dak oor jou kop Hierdiehoërgraad-strandsambreel het luggate waardeur hitte kan ontsnap,vensters wat ooprits en kantseile wat jy met tentpenne in die sandkan vassteek.
Die binnekant is met silwer materiaal uitgevoer om sonligte weerkaats sodat jy eweredig kan sonbaai sonder dat die skadelike UV-stralejou looi en soos 'n kreef laat lyk.
Prys R999 by Sportsmans Warehouse.
Ry & Sleep sê Hy't 'nsonbeskermingsfaktor (SBF) van 50+.

Volkano Mamba-luidspreker
Luister by die radio Daar's niksfout daarmee as jy en jou vriende op die strand sit en musiek luister nie, mitsjulle nie die mense om julle steur nie.
Hierdie luidspreker koppel deur Bluetooth met jouslimfoon, en die luidspreker is van so 'n aard dat die ganse strand nie naNow That's What I Call Music hoef te luister nie.
Prys R669 by Outdoor Warehouse.
Ry & Sleep sê Speel gerus joumusiek, maar speel dit asseblief net vir jouself.

Red-E-kragbank
Sok in die son Ons is deesdae verknog aanslimfone, maar die tegnologie is darem nie heeltemal uit die bose nie.
Jy kan op die strand lê en met jou mense by die huisgesels en foto's neem vir jou Instagram-blad.
As die batterykrag begin daal, dan laai jy jou fooneenvoudig met dié batterybank.
Prys R499 by Outdoor Warehouse.
Ry & Sleep sê Sit hom langsjou handdoek neer, want hy laai met sonkrag.




















