Eddie Buitendagvan Gansbaai het dié wenk 'n paar jaar gelede met ons gedeel.
Ek het dié slim plan gesien toe ek saam met myNamakwalandse swaer, Gideon Adriaanse, gaan kamp het. Dis 'n windskerm vir mygasstoof, en eintlik bedoel vir daardie gietystermodelle met die vier pote - ekhet hom effens aangepas en nou werk hy soos 'n bom.
Ek het 'n metaalammunisiekisgevat en 'n gat in die voorkant gesny wat groot genoeg is sodat die gasstoof sepyp en beheerklep daardeur kan pas. Om die stoof te laat pas het ek net dieagterste twee pote binnetoe gedraai.

Nou kan ek onverstoord op hom kook, sonder om myte bekommer oor die wind wat die hitte wegwaai. Die kans dat hy per ongelukomgestamp kan word, is ook aansienlik skraler.
Wanneer ek klaar is, lig ek die stoof en draaihom dwars in die kas met die reëlaar en die pype aan die binnekant.
Dan maak ek hom toe met die kis se deksel en hyis reg om weg te pak of te vervoer.
Eddie se wenk het oorspronklik in WegSleep #92(September 2016) verskyn.




















