Die Level Devil lyk amper soos 'n driepoot wat platslaan, met 'n plek vir die gassilinder in die middel. Die toestel staan 5 cm bo die grond en elkeen van die drie pote kan met nog 7 cm verstel word. Nie net bly daai eier nou in die middel van die pan nie, maar dit maak die hele storie ook lekker stewig.
Dink maar aan 'n potjie bo-op 'n gassilinder - dis topswaar en kan maklik kantel as jy per ongeluk daarteen stamp. Op die Level Devil word die boom van die silinder vasgeskroef sodat dit stewig staan.
Christo, wat self 'n kampeerder is, bou twee modelle: een van staal en die ander van aluminium. Hulle is in drie kleure beskikbaar: rooi, blou en kakie. Die bolaag is van poeierverf en die onderdele word met laser gesny.
Uiteraard is die staalmodel sterker, maar die aluminiumweergawe is weer veel ligter: 810 g teenoor 1,8 kg.
Prys: R500 (staal); R650 (aluminium).
Kontak: 082 770 2995; buddyindustries.co.za; info@buddyindustries.co.za





















