Wen kamptoerusting met Tentco!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

'n Krat vir wat?

Sake loop vinnig skeef wanneer jy pas kamp opgeslaan het en nie die vuurhoutjies kan kry om jou gasstoof aan die gang te kry vir jou eerste koppie koffie nie. Boonop het die bakkie met suiker in jou reistas omgeval en nou is alles 'n gemors. As jy uit die staanspoor lekker wil kamp, moet jy op die regte voet by die huis wegspring: Pak eenvoudig alles in 'n krat! Nie net weet jy nou waar jy wat gepak het nie, maar jy kan ook soort by soort hou: kruideniersware in die een, klere in die ander en skoonmaakgoed in nog een.

Dis net hier waar Tentco se kratte jou kamplewe makliker maak. Die kratte het 'n los deksel, wat beteken jy kan dit van hoek tot kant vol pak, en boonop is dit so ontwerp dat dit net soos Lego-blokkies op mekaar gestapel kan word.

Die eerste ding wat maklik lol, is 'n krat se dekselknip. As dit nie iewers loskom en wegraak nie, is dit 'n gesukkel om dit toe te knip. Tentco het 'n nuutontwerpte knip wat nie net so taai is soos die boks self nie, maar jy kan los knippe saamry ingeval een iewers in die slag bly. Die kratte se afmetings is 50,6 x 39,4 x 23,4 cm en het 'n inhoudsmaat van 35 l.

Verder is hulle waterdig genoeg dat jy dit ook op 'n dakrak kan vervoer, en die deksel is só ontwerp dat stroppe in groewe bo-oor pas sodat jy dit stewig kan vastrek. Prys R215

Klim die leer

As die kampgogga byt, begin 'n mens gewoonlik met 'n tent, waarna 'n daktent, woonwa en uiteindelik 'n ryhuis volg. Maar hierdie is ook 'n soort kringloop wat nie noodwendig in dié spesifieke volgorde gebeur nie.

Niks keer jou om eerste 'n daktent te oorweeg nie. 'n Daktent het ooglopende voordele: Die belangrikste is dat jy nie op die grond slaap nie. Jy wil immers nie wakker word en 'n leeu vierkant in die oë kyk terwyl jy heelwat veiliger 'n paar meter bo die grond kan wees nie.

Tweedens slaan 'n daktent blitsig oop. Die bedbasis vou in twee, en soos jy dit oopslaan, slaan die tent daarmee saam oop met die leer aan die kant waar jy inkruip. Tentco se 1,2 m-daktent is 1,2 x 2,4 x 1,25 m groot - dus net-net smaller as 'n dubbelbed - en 50 cm langer as 'n standaardlengte bed. Die ripstopseil (260 gsm) is waterdig, daar's drie vensters en die basis bestaan uit skeepshout.

Prys R14 240

Kontak tentco.co.za

Wen só

Tentco gee in hierdie uitgawe vir een gelukkige wenner só 'n daktent en twee van die kratte weg. SMS bloot die woord Tentco, gevolg deur jou naam en van, huis- of posadres en e-posadres na 35121. Elke SMS kos R1,50 (gratis SMS'e geld nie).

Die sluitingsdatum is 4 September 2024.

Bepalings en voorwaardes

1 Slegs Suid-Afrikaanse burgers ouer as 18 mag aan die kompetisie deelneem.

2 Werknemers van die prysborge en Media24, sowel as hulle adverteerders, openbarebetrekkinge- en digitale agentskappe, en hulle onmiddellike familielede mag nie inskryf nie.

3 Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

4 Pryse is nie oordraagbaar nie en mag nie in kontant omgeskakel word nie.

5 Deur jou kontakbesonderhede te verskaf gee jy ons toestemming om via hierdie kanale met jou te kommunikeer.

SPELETJIES VANDAG

CTA