- 200 g - sjokoladekoekies, gekrummel
- ½ - koppie botter, gesmelt
- 80 g - bessiejellie
- ½ - koppie kookwater
- ½ - koppie yswater
- - 2 x 230 g houertjies mediumvet-roomkaas
- 1 - koppie bessiegegeurde volvetjogurt
- - Vir die garnering:
- 80 g - bessiejellie
- 1 - koppie kookwater
- 200 ml - yswater
- - ’n paar ekstra aarbeie, frambose en mentblaartjies as versiering
1 Voer ’n reghoekige pannetjie met bak- of waspapier uit. Dit help met die uitkeerslag. As jy egter nie die tert wil uitkeer nie, kan jy dit uit die staanspoor in ’n mooi tertbak maak. Meng die koekiekrummels en botter saam. Druk in dit in ’n eweredige laag op die bodem vas en laat dit in die yskas staan terwyl jy die jellie aanmaak.
2 Los die jellie in die kookwater op en roer die yswater by. Klits die roomkaas tot glad. Voeg die jogurt by en klits weer tot glad. Voeg die koue jellie geleidelik by en klits tot goed gemeng. Giet dit in die voorbereide kors en laat dit vir ’n uur in die yskas stol.
3 Vir die mooimaak Los die tweede pakkie jellie in kookwater op, voeg die yswater by en giet dit versigtig oor die gestolde kaaskoek. Laat staan dit weer in die yskas tot heeltemal gestol.
4 Lig die kaaskoek met behulp van die bakpapier uit die pannetjie en sit op ’n mooi bord voor. Sny in blokkies en versier met die bessies en ment.



















