Kos + wyn

Banana split

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Michael le Grange
Foto: Michael le Grange
  • ROOMYS -
  • 400g - bevrore aarbeie, ontdooi
  • 3 - eenliterbakke vanieljeroomys
  • 10g - donkersjokolade, gerasper
  • 60ml - kakaopoeie
  • POEDING -
  • 8 - baie groot piesangs
  • 300ml - gekoopte sjokoladesous
  • 1 - blik spuitroom
  • 24 - vars kersies
  • - hand vol kleurstrooisels
  • 100g - pakkie grondboontjie-broslekker (peanut brittle), fyngekap

Meer nostalgies as roadhouse-piesangroomys kry jy nie maklik nie! As jy nie die klassieke bakkie met sy lang vorm het nie, kan jy ook net die piesang in skywe sny en dit in gewone poedingbakkies voorsit.

Roomys

Verwerk aarbeie tot fyn puree in voedselverwerker.

Plaas 1 liter vanieljeroomys in die bak van 'n elektriese menger en gebruik die mengspaan (K-beater) om die roomys op medium spoed tot sag maar nie gesmelt nie te klits.

Meng aarbeipuree by en skep mengsel terug in roomysbak.

Plaas in vrieskas tot ferm, sowat 2 uur.

Klits die roomys in die tweede bak ook tot sag maar nie gesmelt nie.

Voeg sjokolade en kakao by en meng goed.

Skep terug in roomysbak en vries ook tot ferm.

Poeding

Skil piesangs en sny elke vrug in die lengte in die helfte.

Plaas twee piesanghelftes per porsie in ovaalvormige bakkies.

Skep een bal aarbei-, een bal sjokolade- en een bal vanieljeroomys tussenin.

Spuit of skep bietjie sjokoladesous oor, gevolg deur 'n lekker groot spuit room.

Plaas drie kersies op elke poeding.

Sprinkel kleurstrooisels en fyngekapte grondboontjielekker oor.

Sit voor.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM