Kos + wyn

Gestolde beetslaai

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Michael Le Grange
Foto: Michael Le Grange
  • 80g - pakkie suurlemoenjellie
  • 250ml - kookwater
  • 250ml - rou beet, geskil en fyngerasper
  • 250ml - geroomde maaskaas
  • 410g - blik pynappelmoes, gedreineer
  • 2 - piesangs, fyngedruk
  • - vars dille vir garnering

Vir my kom Kersfees met die nostalgie van gestolde slaai op die tafel. Probeer hierdie moderne weergawe.

Maak jellie met kookwater aan en laat effens afkoel.

Bring pot met water tot kookpunt en dompel gerasperde beet in kookwater.

Kook vir 10 minute.

Dreineer en laat afkoel.

Spuit ringvorm van jou keuse goed met kleefwerende kossproei.

Voeg maaskaas, afgekoelde beet, pynappelmoes en piesang by jellie.

Meng goed en skep in ringvorm.

Laat stol in yskas vir 4-6 uur of oornag.

Keer uit op dienbord en garneer met vars dille.

Sit voor en geniet die nostalgiese lekkerte!

Herman Lensing & Dekor: Lounette Fourie en Anita Rossouw

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM