Kos + wyn

Shiraz-uitdaging: Algehele gehalte ‘beste nóg’

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Voor van links is Daniela Jansen (Saronsberg), Tom Lennon (MAN Vintners), Mari Branders (Diemersdal), Thea van der Merwe (Journey’s End), Danielle Marais (Babylonstoren), Klaas Stoffberg (Babylonstoren) en Kaylin Willscott (Journey’s End). Agter is N
Voor van links is Daniela Jansen (Saronsberg), Tom Lennon (MAN Vintners), Mari Branders (Diemersdal), Thea van der Merwe (Journey’s End), Danielle Marais (Babylonstoren), Klaas Stoffberg (Babylonstoren) en Kaylin Willscott (Journey’s End). Agter is N

Nie net een wyn van De Grendel het vanjaar uitgestaan onder die top-12 van die Shiraz-uitdaging nie, maar drie - 'n eerste in die kompetisie se geskiedenis.

Naas De Grendel se driekuns het Diemersdal en Stellenrust albei met twee trofeë huis toe gegaan.

Geborg deur:

Eerste Hoop

Die Eerste Hoop-wynlandgoed is in 2005 deur die Belgieseeienaar, Lode Lemahieu, gevestig. Hoewel die wyne vir jare eksklusief na diebuiteland uitgevoer is, is dit nou ook plaaslik beskikbaar.

Dié boetiekkelder op die Van der Stel-pas langs dieBotrivier, is omring deur appelboorde en kanolalande. Dit lewer die enigstewyne in Suid-Afrika wat as Wyn van Oorsprong Theewater gesertifiseer word.

Die kelder se nabyheid aan die Theewaterskloofdam tel onderdie faktore wat bydra tot koeler rypwording, wat die uitsonderlikekompleksiteit van die wyne wat by Eerste Hoop gebottel word, verseker. DieEerste Hoop Shiraz Rosé is elegant, vrugtig en aanloklik, met 'n perfektebalans tussen varsheid en lengte.

Kom proe dit gerus by die kelder! Besoek https://www.eerstehoop.com/contact/vir meer inligting.

De Grendel

De Grendel, geleë op die hange van die Tygerberg metasemrowende uitsigte oor Tafelberg en Kaapstad, het pas geskiedenis gemaak indie Suid-Afrikaanse wynbedryf.

Vir die eerste keer in die geskiedenis van die gesogteShiraz SA Top 12-uitdaging het 'n enkele produsent drie plekke in die top 12behaal - 'n prestasie van besondere betekenis.

Die bekroonde trio sluit in die elegante De Grendel Shiraz2021, asook die fynproewersgunstelinge Op Die Berg Syrah 2022 en Op Die BergSyrah 2023, waarvan die druiwe uit die koel, hoë Ceres-plato afkomstig is.Hierdie merkwaardige prestasie beklemtoon De Grendel se toewyding totvakmanskap en gehalte, asook hul wêreldklas-shiraz-erfenis - 'n ware triomf virSuid-Afrikaanse wyn.

Besoek

https://degrendel.co.za/ vir meer.

Die wenners van 2025 se Shiraz-uitdaging, wat die top-12 shiraz, beste shiraz-versnitte en shiraz-rosé insluit, is Donderdag 7 Augustus op Blacksmith's Estate in die Paarl aangekondig.

Al die wenwyne van 2025 se Shiraz-uitdaging.
Al die wenwyne van 2025 se Shiraz-uitdaging.

Vanjaar is 18 wenners in die drie shiraz-kategorieë aangewys. Van die ander groot wenners sluit in Saronsberg en Babylonstoren, wat elk 'n top-12-shiraz- en versnitwenner gehad het.

Riaan Möller, voorsitter van Shiraz SA, het op die prysgeselligheid oor die inskrywings gepraat en oor hoe wonderlik die bedryf is.

"Ons merk 'n volgehoue toename in innoverende en terroir-gefokusde wyn op, nie net in premie-enkelvariëteit-shiraz nie, maar ook in versnitte en rosé. Die algehele gehalte is beter as ooit tevore," sê hy.

Vir hom is dit altyd spesiaal om te sien dat die gesegde " 'n boer maak 'n plan" van toepassing is op die wynbedryf en hy meen al is dit die moeilikste tyd, word daar steeds wyn van besonderse gehalte gemaak.

Vanjaar is 173 wyne vir die kompetisie ingeskryf waarvan die meeste uit Stellenbosch kom.

Volgens Möller was die paneel beïndruk deur die stylvariasie en deurgaans hoë gehalte.

"Dit is bemoedigend om klassieke en kontemporêre interpretasies van shiraz te sien wat met soveel sorg gemaak word. Van kragtige, gestruktureerde wyne tot vars, heel-tros-gefermenteerde style met ligte aromatiese note - die diversiteit van uitdrukking is iets waarop Suid-Afrika trots kan wees."

Oor die algemeen was die beoordelaars in hul noppies met die gehalte van die wyne. Volgens die paneel het die wyne 'n eg Suid-Afrikaanse styl wat die grond en gebied tentoonstel.

Die rosé was vrugtig en drinkbaar en die versnitte was 'n uitstaande kategorie.

Die versnitwyne se komponente, buiten shiraz, het volgens die beoordelaars lyf by die wyne gevoeg en die vrug ondersteun. Oor die algemeen was dit elegant met diepte.

Die kategorie vir suiwer shiraz het verskeie baie sterk wyne ingesluit. Die paneel meen die wyne is kompleks en het in die glas verander. Dit het varsheid en suiwerheid getoon en daar was ook wyne wat delikaat was.

Die beoordelaarspaneel, onder leiding van Edmund Terblanche, keldermeester van La Motte en die stigtersvoorsitter van Shiraz SA, het bestaan uit Elzette du Preez (bestuurslid van Shiraz SA); Morgan Steyn, wynmaker van De Grendel (en voormalige protégé in 2019); en die egpaar Samarie Smith-Meletiou en Georgio Meletiou. Nompumelelo Mosaka van De Grendel was vanjaar se Cape Winemakers Guild-protégé en junior paneellid wat saam proe sonder dat haar punte tel.

Die top-12 Shiraz van 2025.
Die top-12 Shiraz van 2025.

Die beste shiraz

Vanjaar se wenwyne in die drie kategorieë (in alfabetiese volgorde):

Shiraz se top-12

• Babylonstoren Shiraz 2022

• De Grendel Op die Berg Syrah 2023

• De Grendel Op die Berg Syrah 2022

• De Grendel Shiraz 2021

• Diemersdal Shiraz 2023

• Diemersdal Syrah 2023

• MAN Vintners Skaapveld Syrah 2024

• Saronsberg Provenance Shiraz 2023

• Stellenrust ArtiSons Blueberry Hill Shiraz 2023

• Stellenrust ArtiSons Missing Link Shiraz 2023

• Tokara Shiraz 2022

• Von The Sir Shiraz 2023

Shiraz-gegronde versnitte

• Babylonstoren Babel 2023

• Flagstone Velvet Shiraz Blend 2023

• Guardian Peak SMG 2022

• Saronsberg Full Circle 2022

• Spier Creative Block 3 2021

Shiraz-rosé

• Eerste Hoop Shiraz Rosé 2025

Natasha van der Merwe (seremoniemeester), Richard Duckitt (Bellingham) Thea van der Merwe (Journey's End) en Kaylin Willscott (Journey's End).
Natasha van der Merwe (seremoniemeester), Richard Duckitt (Bellingham) Thea van der Merwe (Journey's End) en Kaylin Willscott (Journey's End).

Journey's End vir uitnemendheid vereer

Met hul goeigehaltewyne en gemeenskapsinisiatiewe is Journey's End, geleë aan Sir Lowry's Pass, verlede week met die Bernard Podlashuk Shiraz-trofee vereer.

Die trofee, geborg deur Bellingham, word in samewerking met die Shiraz SA-uitdaging toegeken aan uitnemende shiraz-produsente met 'n passie vir volhoubaarheid.

Produsente moet innovasie, volhoubaarheid, kreatiwiteit en sosiale verantwoordelikheid toon om vir die trofee in aanmerking te kom. Die trofee is vanjaar vir die vierde keer toegeken.

Journey's End kry ook 'n kontantprys van R30 000.

Streng kriteria geld in die beoordeling. Die paneel bestaan uit Francois Haasbroek (voorsitter), dr. Etienne Terblanche (Vinpro) en prof. Jako Volschenk (Universiteit Stellenbosch se Besigheidskool).

CTA