- 30ml - olyfolie
- 1,2kg - beesstertskywe
- 500g - murgbene (opsioneel, sien wenk)
- 2 - groot uie, grofgekap
- 2 - wortels, geskil en grofgekap
- 3 - selderystingels, grofgekap
- 2 - rooi soetrissies, in kwarte gesny
- 6 - knoffeltoontjies
- 30ml - tamatiepasta
- 30ml - meel
- 2,5ml - karwysaad
- 5ml - bruinsuiker
- 15ml - paprika
- 10ml - gerookte paprika
- 5ml - swart peperkorrels
- 2 - lourierblare
- 2l - vleisaftreksel
- 12 - klein of 3 groot aartappels, in klein blokkies gesny
1 Giet olyfolie in 'n oondroosterpan, sit die vleis, groente en knoffel daarin, vryf oraloor met die tamatiepasta en strooi die meel, karwysaad en bruinsuiker oor. Rooster onder die oond se roosterelement vir 20 minute of tot goed bruin en gekaramelliseer. Draai om soos nodig.
2 Dra alles oor na 'n groot kastrol op die stoof, roer die paprika en gerookte paprika, peper, lourierblare en aftreksel by en laat prut vir 3 uur rustig tot die vleis sag is.
WENK: As jy hou van groente met houding, laat prut die geroosterde vleis en been alleen saam met die speserye. Voeg dan die geroosterde groente later saam met die aartappels by die sop. Op dié manier is die vleis smeltsag en die groente geurig, maar nie pap nie.
3 Skep enige oortollige vet van die sop af. Roer die aartappels by, geur na smaak met sout en laat prut vir nog 'n uur. Vul die vloeistof aan as jou sop meer soos bredie lyk. Druk die knoffelhuisies fyn as jy hulle kan raakskep, strooi die pietersielie oor en sit stomend warm voor met 'n broodjie.
WENK: Voeg gerus vir byt 'n heel brandrissie saam met die soetrissies by die sop, maar verwyder voor opdiening.














