Kos + wyn

Suid-Afrika ontmoet Mexiko! Hoendernacho’s met chakalaka en avo

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Vir 4

Voorbereityd 10 minute

Gaarmaaktyd 15 minute

Oondtemperatuur Rooster

Jy benodig

  • 3 dik hoenderborsies, in happiegroot blokkies gesny
  • 1 eetlepel olyfolie
  • 1 blik (400 g) matige chakalaka
  • 1 blik (400 g) rooi nierbone, gedreineer
  • 'n hand vol vars spinasie, gekap
  • ¼ koppie vars koljander, gekap
  • 250 g nacho-skyfies
  • 1 koppie mozzarella, gerasper
  • 1 klein rooi-ui, gekap
  • 1 groot, ryp avo, in blokkies gesny

Só maak jy

1 Geur die hoender goed met sout en peper en braai in die olie tot goudbruin in 'n oondvaste pan. Roer die chakalaka, bone en spinasie by en verhit tot deurwarm. Roer die koljander by en verwyder van hitte.

2 Voorverhit die oond se rooster-element. Rangskik die nacho's in konsentriese sirkels in die geurige hoendervulsel (of rangskik in lagies in 'n oondbak as jy verkies) en strooi die kaas en uie oor. Rooster totdat die kaas gesmelt en die nacho's 'n kleurtjie kry. Sit dadelik voor met vars avokado. 'n Bakkie suurroom sal natuurlik ook welkom wees by dié partytjie.

CTA