Kos + wyn

RESEP | Vinnige sjokoladesplinterkoekies

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 220g - botter by kamertemperatuur
  • 250ml - (1 koppie) donkerbruinsuiker (“treacle sugar”)
  • 125ml - (½ koppie) witsuiker
  • 2 - ekstragroot eiers
  • 5ml - vanieljegeursel
  • 580ml - koppies bruismeel
  • 150g - melksjokolade, grofgekap

1. Voorverhit die oond. Klits die botter en twee soorte suiker saam tot lig en donsig. Klits dan die eiers en vanielje daarby. Roer die meel en sjokolade by en meng deur.

2. Skep teelepels vol van die deeg in hopies op bakplate wat met bakpapier uitgevoer is - nie te na aan mekaar nie, want hulle gaan effens uitsprei.

3. Bak vir 12 minute of tot goudbruin om die rande. Die koekies sal nog effens sag wees as hulle uit die oond kom, maar verstewig wanneer hulle afkoel - moet dus nie te gou aan die koekies druk of hulle skuif nie.

Laat afkoel en bêre in lugdigte houers.

Johane Neilson

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM