Kos + wyn

Die maklikste sjokolade-en-pepermenttert

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 200 g - sjokolade-semelbeskuitjies, fyngemaak
  • 125 ml - botter, gesmelt
  • mentblare, sjokoladekoekies en -splinters as garnering
  • VULSEL:
  • 15 ml - gelatienkorrels*
  • 1 - blik (375 g) pepermentgegeurde karamel
  • 250 ml - room
  • 200 g - donker- of melksjokolade, gesmelt

1. Meng die beskuitjiekrummels met die botter en voer die bodem en rande van 'n 26 cm-losboomtertpan eweredig daarmee uit. Sit dit solank in die yskas.

2. Roer 30 ml koue water by die gelatien in 'n bakkie en laat staan tot gespons. Smelt dit dan versigtig deur die bakkie in 'n groter bak kookwater te sit en liggies te roer tot loperig.

3. Klits die karamel en room saam tot glad. Klits die gesmelte sjokolade by tot net gemeng. Voeg laastens die gesmelte gelatien by. Giet die beslag in die voorbereide kors en sit dit in die yskas tot gestol. Versier met vars mentblare en 'n magdom sjokoladekoekies en -splinters vir 'n feestelike nagereg.

* Gelatien verseker dat die tert sy vorm behou en mooi sny, maar jy kan dit ook weglaat vir 'n sagter tekstuur indien verkies.

CTA