BESTANDDELE
- 500g (2 vierkante) bevrore blaardeeg, gemaak met regte botter, net-net ontvries
- ½k Nutella½k fyngekapte geroosterde haselneute
- 1 eier, liggies geklits
METODE
1. Voorverhit 'n 7,3-liter-lugbraaier vir 3 minute tot 200°C.
2. Sny elke deegvel in nege 8cm-vierkante. Skep 1½ teelepel Nutella en 1 teelepel haselneute in die middel van elke vierkant. Verf die deegrande met 'n bietjie van die eier en vou die deeg in 'n driehoek oor die vulsel. Druk die rande met 'n vurk vas om dit te seël.
3. Plaas die helfte van die driehoekies in die lugbraaier se mandjie; bak vir 8 minute tot die deeg goudbruin en gaar is. Haal uit en plaas op 'n draadrak. Herhaal met die ander driehoekies.
4. Sit die driehoekies warm voor.




















