- 300g - mini-hoenderfilette, in blokkies gesny
- 45ml - olyfolie
- 1 - ui, gekap
- 2 - mediumgroot wortels, gekap
- 2 - selderystingels
- ’n bossie vars spinasie, are en blare apart gekap
- 1 - knoffelhuisie, gekap
- 30ml - meel
- 750ml - hoenderaftreksel, warm
- 500ml - melk
- 400g - vars gnocchi
- 125ml - gerasperde parmesaankaas
1. Geur die hoenderblokkies met sout en peper en braai in die olyfolie tot goudbruin en geurig. Skep uit en hou eenkant. Braai nou die ui, wortel, seldery en spinasie-are stadig in dieselfde pot totdat die groente sag is en begin kleur kry.
2. Roer die knoffel en meel by en braai nog 'n minuut. Klits die aftreksel en melk by, bring tot kookpunt en laat prut dan vir ongeveer 5 minute tot effens verdik.
3. Skep die hoender en die spinasieblare by die sop en laat prut nog sowat 5 minute.
4. Roer die gnocchi by en laat prut tot gaar (vars gnocchi neem net 3 minute, langlewe-gnocchi tot 8 minute; raadpleeg die verpakking). Sit die sop stomend warm voor met 'n strooisel parmesaan.







