Kos + wyn

KYK + KOOK | Blitsige hoendersosaties met jogurt en sriracha

(Ed O’Riley)

Voorbereidingstyd: 15 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

Jy benodig (genoeg vir 4 met bykos)

• 12 hoenderdyfilette, middeldeur gesny

• ½ rooiui, middeldeur gesny en in blare gebreek

• 1 eetlepel gekapte vars koljander (opsioneel maar heerlik!)

• 1 rooi brandrissie, fyngekap (opsioneel, maar heerlik!)

• ½ suurlemoen, middeldeur gesny en gebraai

Vir die marinade

• ½ koppie dubbeldik jogurt

• 2 teelepels srirachasous

• 2 eetlepels vars suurlemoen- of lemmetjiesap

• 1 teelepel elk vars knoffel en gemmer (gerasper of fyngekap)

• 1 eetlepel olyfolie

Só maak jy

1 Meng al die bestanddele vir die marinade saam en roer die hoender daardeur. Laat dit staan terwyl jy vuurmaak.

2 Ryg die geurige hoender en uieblare op metaal- of geweekte houtsosatiestokkies. Ons het twee langes gemaak om te deel, maar jy kan natuurlik ook 4 kleintjies maak as jy verkies.

3 Braai die die sosaties vir 10-12 minute oor redelik warm kole tot gaar. Draai dit gereeld en verf deurgaans van die marinade aan.

4 Laat die hoender vir 5 minute in die bak rus. Drup die warm suurlemoensap oor en sprinkel die vars koljander en ekstra brandrissie oor. Sny die hoender los van die stokkies en geniet dit.

KYK + KOOK | Blitsige hoender (desiree.hartney@media24.com)

Ry & Sleep sê

Die hoender is heerlik op tortillas met guacamole, vars broodrolletjies met tamatie en mayo of ’n bak vol goudbruin gebraaide tjips!