Kos En Wyn

Geroosterde braaihoender

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Toby Myburgh
Foto: Toby Myburgh
  • - 1 heel hoender, ongeveer 1,5 kg, ingewande en nek verwyder
  • - 125 ml (½ k) botter
  • - 15 ml (1 e) elk hoender­- en braaispeserye
  • - 2,5 ml (½ t) fyn komyn
  • - 10 ml (2 t) knoffelsout
  • - 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • - 3 takkies vars tiemie, gekap
  • - sout en peper, na smaak
  • - 30 ml (2 e) braaisous

Voorverhit die oond tot 180 °C.

1. Plaas die hoender in 'n roosterpan en druk droog met kombuis­papier.

2. Skep 60 ml (¼ k) van die botter in die hoender se holte en onder die vel van die borsies.

3. Smelt 30 ml (2 e) botter in die mikrogolf en verf oor die hoender.

4. Meng die speserye en knoffelsout in 'n bakkie en vryf die hoender daarmee in.

5. Meng 15 ml (1 e) botter, knoffel en tiemie. Vryf dit oor die hoender, en geur met die sout en peper.

6. Rooster die hoender 45 min.

7. Smelt die oorblywende botter (20 ml) in die mikrogolf en meng met die braaisous in 'n bakkie.

8. Haal die hoender uit die oond en bedruip met die botter-en-­braaisousmengsel.

9. Sit die hoender terug in die oond en rooster nog 15 min. of tot goudbruin en bros aan die buitekant.

10. Haal die hoender uit die oond en bedruip met die pansappe. Laat rus 15-20 min. voor jy dit in porsies sny en voorsit.

Sinoyolo Sifo