- 10ml - sout
- 15ml - suiker
- 5ml - koeksoda
- 125ml - gedroogde bosbessies
- 1 - ekstra groot eier
- 400ml - karringmelk
- 30ml - gesmelte botter
- 4 x 250ml - witbroodmeel
1 Voorverhit die oond. Meng die droë bestand-dele saam in 'n groot mengbak. Maak 'n holte in die middel en voeg die eier, karringmelk en botter by. Roer tot die deeg bymekaarkom. Keer uit en knie liggies op 'n meelbestrooide opper-vlak tot die deeg glad is. Gebruik 'n bietjie ekstra meel soos nodig as die deeg te klewerig is. Vorm dit in 'n bal sodra dit mooi glad is en sit naatkant na onder op 'n vel bakpapier op 'n bakplaatjie of dikboompan (dit help met 'n bruin bodem).
2 Sny met 'n skerp lem die oppervlak in 'n kruis om die brood in kwarte te verdeel. Bak vir 40 minute of tot gaar en uitgerys. Klop die onderkant van die brood; as dit hol klink, is dit reg. Laat afkoel op 'n draadrakkie.
WENK 'n Maklike manier om die vars brood te sny, is om dit in kwarte te sny op die snylyn en dan in skywe.















