Kos + wyn

Heerlike aandete! Oondhoender met olywe

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
ER Lombard
ER Lombard (ER LOMBARD)
  • 800g - baba-aartappels, gehalveer
  • 4 - hoenderkwarte (of 8 hoenderdytjies)
  • 1 - suurlemoen
  • 45ml - olyfolie
  • 5ml - gedroogde Italiaanse kruie
  • 100g - olywe, ontpit
  • 200g - groenbone, gaar gestoom
  • 30ml - kappertjiesaad
  • - ’n strooisel vars basilie

1. Voorverhit die oond tot 200°C. Kook die aartappels in soutwater vir 10 minute. Maak intussen 5 diep insnydings tot op die been van elke hoenderporsie.

Rasper die suurlemoen se skil fyn, meng dit met 15ml van die olyfolie, die gedroogde kruie en 'n ruim knypie sout en peper, en vryf die hoender goed daarmee in. Braai in 'n warm pan tot goed bruin en halfgaar.

2. Dreineer die aartappels en meng dit met die res van die olyfolie en die olywe.

Skep in 'n oondbak en sit die hoender bo-op. Sny die suurlemoen in skyfies en voeg by. Bak vir 30 minute saam tot alles gaar en geurig is. Voeg die boontjies by, asook die kappertjiesaad en laaste die basilie.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM