Kos + wyn

Kortpadkos: Steak met witwynsous

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
  • 2 - groot kruisskyf-steaks
  • 15-30ml - olyfolie
  • 30ml - botter
  • 1 - groot ui, gekap
  • 2 - selderystingels, gekap
  • 3 - knoffelhuisies, gekap
  • 1 - lourierblaar
  • 5ml - gedroogde rissievlokkies
  • 250ml - witwyn
  • 15ml - tamatiepasta
  • 200ml - vleisaftreksel
  • ’n strooisel pietersielie
  • aartappelskyfies en Portugese rolletjies vir voorsit
  1. Sny enige oortollige vet van die steaks af en kap in klein blokkies. Geur die steaks goed met sout en peper en hou eenkant. Braai die blokkies vet tot bros. Skep die kaiings uit die pan en braai die steak in die uitgebraaide vet wat agtergebly het tot goudbruin. Skep die vleis uit en laat rus op 'n plank.
  2. Smelt die olie en botter in dieselfde pan en braai die ui, seldery en knoffel tot sag en glansend. Roer die lourierblaar, rissievlokkies en tamatiepasta by. Sodra dit ingemeng is, voeg die wyn by en kook vir 5 minute. Roer die aftreksel by en laat prut oor lae hitte vir 20 minute of tot effens verdik.
  3. Sny die vleis in dun skyfies of blokkies en roer by die sous tot deurwarm en gaar soos jy daarvan hou. Strooi die pietersielie oor en sit voor met skyfies en Portugese rolletjies.
CTA