- 1kg - beesdikrib (chuck steak), in blokkies gesny
- 100g - koekmeel
- 30ml - olyfolie
- 1 - ui, fyngekap
- 2 - knoffelhuisies, fyngekap
- 125ml - rooiwyn
- 100ml - brandewyn
- 1 - wortel, in blokkies gesny
- 3 - takkies tiemie
- 1 - takkie roosmaryn
- 2 - lourierblare
- 410g - -blik gekapte tamaties
- 30ml - worcestersous
- 350ml - beesvleisaftreksel
- 10ml - fyngemaalde swartpeper
- - knippie sout
- KORS -
- 2 - 400 g-rolle broskorsdeeg, ontdooi
- - koekmeel vir rol
- 1 - eier, geklits
Vulsel:
1. Plaas beesvleisblokkies in mengbak met meel en bedek goed, skud oortollige meel af.
2. Verhit helfte van olyfolie in 'n groot pot en braai vleisblokkies in drie sarsies totdat alle kante goudbruin is. Hou eenkant.
3. Verhit 'n tweede pot oor hoë hitte, gooi res van olie en uie by en braai tot sag, sowat 2 minute.
4. Voeg knoffel en wyn by.
5. Voeg wortels, tiemie, roosmaryn, lourierblare, tamaties, worcestersous, aftreksel, peper en gebraaide vleisblokkies by.
6. Geur met sout.
7. Laat stadig stowe vir sowat 45-60 minute of tot vleis sag is.
8. Verwyder stingels van kruie en lourierblare.
9. Laat heeltemal afkoel in vrieskas - plaas vulsel in vlak bak om te help om vinniger af te koel.
Maak intussen die kors:
1. Verhit oond tot 200 °C.
2. Sprinkel bietjie meel op werkvlak en rol een vel broskorsdeeg met koekroller tot sowat 4 mm dik uit.
3. Spuit 'n 20 cm-losboomkoekpan goed met kleefwerende kossproei.
4. Voer pan uit met uitgerolde deeg.
5. Skep koue vleisvulsel in kors.
6. Sprinkel weer bietjie meel op werkvlak en rol oorblywende vel deeg tot 4 mm dik uit.
7. Sny 'n sirkel sowat 1 cm groter as jou pan uit die deeg en plaas deegsirkel op vulsel.
8. Gebruik die deegrand wat oorhang en druk dit met jou vingerpunte vas aan die binneste kors.
9. Verf bokant met eier.
10. Bak vir 30-35 minute of tot goudbruin en gaar.
11. Laat effens afkoel en verwyder ring.
12. Sit warm voor.

















