Genoeg vir: 8-10 porsies
Bereidingstyd: 20 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
Baktyd: 45 minute
Bestanddele
• 250 ml strooisuiker
• 2 eiers
• 15 ml fyn appelkooskonfyt
• 315 ml koekmeel
• 5 ml koeksoda
• knippie sout
• 30 ml botter
• 5 ml asyn
• 125 ml melk
Sous
• 250 ml room
• 125 g botter
• 125 ml suiker
• 125 ml brandewyn
1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Klits die strooisuiker en eiers tot lig en romerig. Klits die appelkooskonfyt by.
2. Sif die droë bestanddele saam. Smelt 30 ml botter en meng dit met die asyn en die melk.
3. Vou die droë bestanddele en melkmengsel om die beurt by die geroomde bestanddele in. Giet dit in 'n gesmeerde oondbak en bak vir sowat 45 minute.
4. Berei die sous. Plaas intussen al die sousbestanddele – room, botter, suiker en brandewyn – in 'n kastrol en roer tot die suiker opgelos is, maar moenie toelaat dat dit kook nie.
5. Prik die poeding met 'n vurk sodra dit uit die oond kom en giet die sous oor. Sit dit warm voor met room of vla.
https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6166/93ac0949e2864a2fa32cc46fc8097043.jpg


















