- 4 - koppies bruismeel
- 3 - koppies ongegeurde volvetjogurt
- 80ml - pesto (ek het basilie gebruik, maar kies ’n gunsteling)
- 125g - salamiskyfies (of jou gunstelingham)
- 2 - koppies mozzarella, gerasper
Oondtemperatuur 200°C
Só maak jy
1 Voorverhit die oond. Gooi 3 koppies bruismeel in 'n groot mengbak en voeg die jogurt by. Meng met jou hand totdat die deeg bymekaarkom. Keer die mengsel uit op 'n meelbestrooide oppervlak en knie liggies tot net glad. Gebruik die ekstra meel en jou oordeel om die deeg na jou sin bymekaar te bring. Dit hoef nie seepglad soos gisdeeg te wees nie.
2 Rol nou met behulp van die ekstra meel die deeg in 'n reghoek ongeveer 30 cm x 40 cm groot. Smeer die pesto oor die hele oppervlak, versprei die salamiskyfies eweredig en strooi die kaas oor. Rol die deeg in 'n stywe "rolkoek" op in die lengte.
3 Sny die deegrol in 3 cm dik skywe met 'n skerp mes. Rangskik die skywe met die gesnyde spiraalkante na bo in 'n gesmeerde oondbak (bakpapier is opsioneel). Bak die pizzarolletjies vir sowat 30 minute of tot gaar en uitgerys. 'n Strooisel vars basilieblare (opsioneel) laat dinge nog meer smaaklik lyk. Die rolletjies proe op hulle lekkerste die dag wat dit gemaak is.






